P­hahla­ne se kop ge­ëis oor hou­ding jeens O­pod

Beeld - - Nuus - – A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Se­ke­re op­po­si­sie­par­tye het gis­ter op­nuut ge­ëis dat die waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris ge­skors word han­gen­de ’n on­der­soek na be­weer­de ten­der­on­ge­rymd­he­de.

Dit volg na­dat lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne na wat be­rig word van­dees­week die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat (O­pod) se on­der­soek na hom ver­werp en O­pod se on­par­ty­dig­heid be­vraag­te­ken het.

P­hahla­ne stel dit dui­de­lik hy dink nie O­pod is ’n on­par­ty­di­ge in­stel­ling nie en dat die on­der­soek na hom bloot ’n “vis­vang­eks­pe­di­sie” is.

Maar nie al­mal stem daar­mee saam nie. Zak M­bhe­le, DA-LP, maan in ’n ver­kla­ring dit wek kom­mer dat P­hahla­ne nie sy sa­me­wer­king met die on­der­soek wil gee nie.

“In­dien hy niks het om weg te steek nie, be­hoort dit nie so moei­lik te wees om O­pod van die ver­lang­de in­lig­ting te voor­sien nie.”

M­bhe­le be­na­druk ook O­pod is ’n in­stel­ling wat in­ge­vol­ge wet ge­skep is om klag­te teen die po­li­sie te on­der­soek.

“As po­li­sie­hoof wat Suid-A­fri­ka­ners moet be­skerm, is dit nood­saak­lik dat hy bo ver­den­king is.”

Ook dr. Pie­ter Groe­ne­wald, VF Plus-lei­er, het by na­vraag ge­sê P­hahla­ne, wat ’n voor­beeld moet stel, on­der­myn O­pod in die oë van die pu­bliek.

“Dit is dié soort bin­ne­ge­veg­te in die po­li­sie se top­struk­tu­re wat die stryd teen mis­daad on­der­myn. P­hahla­ne het tot dus­ver vol­ge­hou hy is on­skul­dig, maar sy ge­drag skep vrae oor wat hy wil weg­steek,” sê Groe­ne­wald.

P­hahla­ne word on­der­soek weens be­we­rings dat hy geld ont­vang het om ten­ders toe te ken toe hy nog hoof van die po­li­sie se fo­ren­sie­se diens­te was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.