Jou gids vir bid­dag

Vat hoed en ge­noeg son­skerm saam

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Om 1 mil­joen men­se by­me­kaar te kry om saam vir die land te bid, verg deeg­li­ke be­plan­ning. Hier is ’n paar rig­ly­ne om mô­re by die It’s Ti­me-ge­beds­by­een­koms op die plaas Wil­de Als bui­te Bloem­fon­tein in ge­dag­te te hou.

Men­se word ge­vra om nie langs die pad stil te hou nie. Die or­ga­ni­seer­ders van It’s Ti­me het par­keer- en kam­peer­plek­ke aan­ge­wys waar jy jou voer­tuig kan par­keer of on­der die Vry­staat­se ster­re kan kam­peer.

As jy oor­slaap, los jou kam­peer­toe­rus­ting of woon­wa op die aan­ge­we­se plek­ke.

As jy ’n par­keer­plek op die web­werf be­spreek het, hou by die tyd wat jy ge­kies het. Daar is net 1 000 par­keer­plek­ke per uur be­skik­baar.

Al wat jy vir die ge­beds­by­een­koms no­dig het, is ge­noeg wa­ter en kos vir on­ge­veer 12 uur, ’n stoel of piek­niek­kom­bers en jou By­bel.

Ont­hou dat die Vry­staat­se son baie on­ver­ge­wens­ge­sind kan wees, so maak se­ker jy het ’n hoed en ge­noeg son­skerm by­der­hand.

Vir die koel aan­de en og­gen­de is dit wys om ’n lek­ker warm baad­jie in te pak. Maak ook se­ker jy het ge­mak­li­ke skoe­ne aan om tot by die by­een­koms te stap.

Hoe­wel daar 1 000 ty­de­li­ke toi­let­te en 30 000 rol­le toi­let­pa­pier is, kan dit nut­tig wees om jou eie rol saam te neem.

Geen reg­streek­se uit­sen­ding of “li­ve stre­a­ming” word toe­ge­laat nie. Los jou hom­mel­tuig ook maar by die huis.

Vir be­jaar­des en ge­strem­des is daar ’n af­son­der­li­ke ge­bied met a­par­te a­blu­sie­ge­rie­we. Vir dié met ge­hoor­ge­stremd­heid is daar tol­ke wat Bu­chan se bood­skap sal oor­dra.

Maak se­ker jou kind skree nie moord en brand wan­neer hy of sy tus­sen die men­se ver­dwaal nie. As jou kind weg­raak, sal dit op die groot­skerms aan­ge­kon­dig word en hy/sy sal vei­lig by die in­lig­tings­ten­te ge­hou word tot­dat sy fa­mi­lie hom kom haal. Skryf jou naam, van en kon­tak­nom­mer op jou kind se arm.

An­gus Bu­chan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.