CJ het nie ver­wag om B­rit­se Leeu te word

Beeld - - Nuus - – Eu­ge­ne Gun­ning

“Dit is nog on­werk­lik. Dis soos ie­mand wat ’n aand uit was en la­ter ag­ter­kom dat hy nog R1 000 of R2 000 in sy sak het.”

So sê CJ S­tan­der, wat eer­gis­ter­mid­dag vir die span van die B­rit­se en Ier­se Leeus ge­kies is wat la­ter van­jaar in Nieu-See­land gaan toer.

S­tan­der het te­le­fo­nies uit Ier­land ge­praat oor die groot eer. Hy was eer­gis­ter op die oe­fen­veld toe die span aan­ge­kon­dig is. Hy het wel ’n goeie Se­s­na­sies-reeks ag­ter die rug en het in die laas­te paar wed­stry­de goed ge­speel, maar daar was baie sterk me­de­din­ging on­der die voor­spe­lers en sy in­slui­ting was vir hom ’n ver­ras­sing, sê hy.

“Ek het glad nie ver­wag om in die span te wees nie.”

Sy aan­dag is nou eers ge­ves­tig op die na­week, wan­neer hy vir Mun­ster teen Sa­ra­cens in die half­eind­stryd om die Eu­ro­pe­se Be­ker uit­draf.

Toe S­tan­der in 2012 Ier­land toe ver­huis het, wou hy graag in­ter­na­si­o­na­le rug­by speel.

“Die af­ge­lo­pe jaar of twee was dit in my ag­ter­kop dat ek graag vir die B­rit­se en Ier­se Leeus ge­kies wil word. Dit het nou ge­beur en nou moet ek nog net in die span kom.”

Aan­vank­lik was dit vir hom moei­lik in Ier­land. Hy was weg van Suid-A­fri­ka, sy fa­mi­lie en sy ou­ers se plaas in die Suid-Kaap. “Dit was ’n groot be­sluit, maar ek het nooit ge­dink dat dit een­dag tot by die B­rit­se en Ier­se Leeus sal lei nie. Om vir die B­rit­se en Ier­se Leeus ge­kies te word, is reg­tig ’n bo­nus.”

Eer­gis­ter, na­dat die span be­kend ge­maak is, het hy huis toe ge­gaan en in sy tuin gaan werk. Hy en sy vrou, Je­anMa­rie, het on­langs ’n huis in Ier­land ge­koop. Die aand het hul­le hul guns­te­ling­ge­reg in ’n In­die­se re­stau­rant gaan eet.

CJ S­tan­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.