Se­re­na slaan ’n swan­ger kis­hou

Beeld - - Nuus -

Se­re­na Wil­li­ams, die suk­ses­vol­ste vrou­e­ten­nis­spe­ler in die mo­der­ne era, is swan­ger.

Wil­li­ams het eer­gis­ter ’n fo­to van haar met ’n boep­ma­gie op so­si­a­le me­dia ge­plaas met die on­der­skrif “20 we­ke”, maar dit is la­ter ver­wy­der.

Gis­ter het haar woord­voer­der be­ves­tig die ba­ba word in die A­me­ri­kaan­se herfs ver­wag, be­rig BBCS­port.

Die 35-ja­ri­ge ten­nis­ster het in Ja­nu­a­rie haar 23ste Grand Slam-ti­tel op die Aus­tra­lie­se Ope ver­o­wer. Sy is nou twee­de op die wê­reld­rang­lys, maar sal Maan­dag weer tot in die eer­ste plek skuif om­dat die pun­te wat die Duit­ser An­ge­li­que Ker­ber ver­le­de jaar vir haar ti­tel­suk­ses in die Porsche Grand P­rix-toer­nooi in S­tutt­gart ver­dien het, dan weg­val.

Wil­li­ams al waar­skyn­lik nie lank in die eer­ste plek bly nie, maar in­ge­vol­ge ’n spe­si­a­le re­ël in die WTA-reeks sal sy dit kan her­win as sy bin­ne ’n jaar ná haar ba­ba se ge­boor­te weer toer­nooi­ten­nis speel.

Die A­me­ri­ka­ner het al voor die nuus oor haar swan­ger­skap aan­ge­dui dat sy die he­le sei­soen bui­te ak­sie sal wees weens ’n knie­be­se­ring. – bbc.com

Die A­me­ri­kaan­se ten­nis­ster Se­re­na Wil­li­ams is swan­ger.

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.