Dub­be­le boer­pot: ‘Is dit ’n droom?!’

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

’n Gau­teng­se in­ge­ni­eur het die boer­pot in die Lot­to Po­wer­ball twee keer in die­self­de trek­king ge­wen en is oor­nag R15,2 mil­joen ry­ker.

Hy sê hy neem al ja­re lank met die­self­de sy­fers aan die lo­te­ry deel.

Een Vry­dag­og­gend het hy op pad werk toe ’n kaart­jie vir R45 by die One Stop S­par in Kemp­ton Park ge­koop. Hy het daar­van ver­geet en la­ter die dag nog ’n kaart­jie vir R45 by die B­rent­hurst-win­kel­sen­trum in Brak­pan ge­koop.

It­hu­ba, die lo­te­ryo­pe­ra­teur, sê hy het nog nie so iets be­leef nie.

Die boer­pot vir die Po­wer­bal­l­trek­king was R30,6 mil­joen en daar was vier wen­kaart­jies van R7,6 mil­joen elk.

Die wen­ner, wat ge­vra het om nie ge­ï­den­ti­fi­seer te word nie, be­stem­pel die er­va­ring as “sur­re­a­lis­ties” en “on­ge­loof­lik”. Hy het aan It­hu­ba ge­sê hy het nog al­tyd ge­dink hy sal die een of an­der tyd wen.

“Ek en my vrou word steeds in die mid­del van die nag ver­stom wak­ker en won­der of dit ’n droom was,” sê hy.

Hy be­plan om aan te hou werk en sê hy sal dalk uit­ein­de­lik ê­rens langs die kus gaan af­tree. Hy wil die mees­te van die geld ge­bruik om se­ker te maak hy kan ge­mak­lik af­tree.

Ver­le­de jaar is sy mo­tor in ’n kits­vloed mee­ge­sleur en hy moes skuld aan­gaan om dit te ver­vang. Dié skuld en sy huis­ver­band wil hy ver­ef­fen en an­der wat in nood ver­keer, help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.