‘Moord skeur fa­mi­lie uit­me­kaar’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die moord op past. El­sa­bé van Nie­kerk, hul steun­pi­laar, het hul fa­mi­lie uit­me­kaar­ge­skeur.

Sy sien el­ke dag hoe haar pa, Dirk van Nie­kerk, ag­ter­uit­gaan, het Le­an­dri Vis­ser gis­ter­og­gend hui­lend in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria oor haar ma ge­tuig.

Sy het ge­tui­e­nis ter straf­ver­swa­ring teen die moor­de­naar, haar eks­man, S­te­fan Vis­ser, ge­le­wer. Hul­le was van me­kaar ver­vreem toe hy Van Nie­kerk (59) op 11 A­pril ver­le­de jaar met ’n mes dood­ge­steek het.

Sy is hart­seer en eet nie, het Le­an­dri ge­tuig. Sy het 30 kg ver­loor.

Sy moes haar dog­ter­tjie (nou vier) uit die kleu­ter­skool haal, want die kind was bang dat sy ook haar an­der fa­mi­lie­le­de gaan ver­loor.

Haar dog­ter­tjie en ses­ja­ri­ge seun­tjie vra el­ke aand na hul ou­ma. Hul­le ver­staan nie hoe­kom hul­le nie vir haar kan gaan kui­er nie.

Le­an­dri het in haar e­mo­si­o­ne­le ge­tui­e­nis die moord op haar ma as een van die “moei­lik­ste ge­beu­re” be­stem­pel.

Haar pa hou sy e­mo­sies vir hom­self. Dis vir hom moei­lik om ui­ting daar­aan te gee.

“Sy was sy le­we. Sy ge­sond­heid gaan ag­ter­uit. Hy is die e­nig­ste een oor vir ons. Ons wil hom nie ook ver­loor nie.”

Dirk het op sy vrou se lyk af­ge­kom.

Le­an­dri, haar kin­ders en haar pa het be­ra­ding ge­kry.

Haar ma was as pas­toor ’n be­ra­der en sy het kin­ders ge­help wat deur trau­ma ge­gaan het. “Sy was die lief­de van­self.”

Van Nie­kerk was soos ’n ma vir S­te­fan. Sy het hom wel aan­ge­spreek wan­neer hy din­ge ver­keerd ge­doen het, maar sy het sy be­lan­ge op die hart ge­dra.

Hoe­wel Le­an­dri en S­te­fan ver­vreem was, het hul­le me­kaar be­gin ver­staan oor die re­ë­lings wat die toe­sig oor hul kin­ders be­tref. Hul­le het nie ba­klei oor die kin­ders nie. Hy het uit­ge­vra na ’n vriend van haar en ge­sê sy moet haar “boyf­riend ge­niet so­lank ek kan”.

S­te­fan Vis­ser Fo­to: JE­AN­NE­MA­RIÉ VER­SLUIS

Le­an­dri Vis­ser vroe­ër in die hof. Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.