DNS wys oorskot in kroks is jag­ter

Toet­se be­ves­tig pa van twee was slag­of­fer

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens en Han­ti Ot­to

DNS-toet­se het be­ves­tig dat die mens­li­ke oorskot wat in kro­ko­dil­le ge­vind is, dié van die jag­ter S­cott van Zyl is.

Van Zyl (44) van SS Pro Sa­fa­ris in Mar­ken het op 7 A­pril in Zim­bab­we ver­mis ge­raak.

Die Zim­bab­wie­se po­li­sie het ver­le­de Don­der­dag twee kro­ko­dil­le dood­ge­skiet na­by die plek waar Van Zyl se spo­re op ’n sand­wal van die Lim­po­po­ri­vier dood­ge­loop het.

Moont­lik mens­li­ke oorskot is in dié twee rep­tie­le ge­vind wat toe vir DNS-toet­se ge­stuur is.

’n Der­de kro­ko­dil is la­ter ge­skiet en ’n stuk van ’n Cat­skoen is in sy maag ge­kry. Dit het oor­een­ge­stem met die skoe­ne wat Van Zyl aan­ge­had het toe hy ver­dwyn het.

Die mis­daad­be­stry­dings­groep He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), wat deel­ge­neem het aan die reu­se­soek­tog na Van Zyl, het die uit­slag van die DNS-toet­se gis­ter met die toe­stem­ming van Van Zyl se vrou, Suré, be­kend ge­maak.

’n Pri­va­te fo­ren­sie­se on­der­soe­ker het die oorskot in twee van die kro­ko­dil­le ge­toets.

Van Zyl het op 7 A­pril saam met sy trop hon­de en ’n spoor­sny­er van die C­hi­kwa­ra­ka-kamp in Zim­bab­we af op ’n jag­tog ge­gaan.

Dit lyk as­of hy en die spoor­sny­er sy bak­kie ag­ter­ge­laat en toe te voet ver­der die veld in is.

Van Zyl en die spoor­sny­er het toe glo in ver­skil­len­de rig­tings ge­stap.

Sy hon­de het la­ter die dag na die C­hi­kwa­ra­ka-kamp te­rug­ge­keer, maar van Van Zyl was daar geen te­ken nie.

Sy ge­weer en per­soon­li­ke be­sit­tings is la­ter in die bak­kie ge­kry en sy rug­sak op ’n san­de­ri­ge deel langs die Lim­po­po­ri­vier.

Die Suid-A­fri­kaan­se Jag­ters­ver­e­ni­ging, die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Weer­mag, die soe­ken-red­dings­een­heid van die po­li­sie in Lim­po­po en die po­li­sie in Zim­bab­we het ook deel­ge­neem aan ’n week lan­ge soek­tog na Van Zyl.

Die soek­tog is deur wel­doe­ners ge­fi­nan­sier.

Suré het la­ter self na die plek op die oe­wer van die Lim­po­po­ri­vier ge­gaan waar haar man se laas­te spo­re ge­sien is.

Hul­le het twee kin­ders, ’n 11ja­ri­ge dog­ter en se­we­ja­ri­ge seun.

Suré van Zyl en haar man, S­cott, wat so­wat twee we­ke ge­le­de op ’n jag­tog in Zim­bab­we ver­dwyn het

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.