15­ja­ri­ge ’n maagd toe ben­de haar ver­krag, hoor hof

Beeld - - Nuus -

Sy was net 15 jaar oud toe ’n ben­de van vyf mans haar in Au­gus­tus 2015 een og­gend vroeg uit haar bed ge­pluk en op ver­skeie plek­ke na­by haar huis ver­krag het.

Sy was nog ’n maagd, het die mei­sie, wat nou 17 is, gis­ter by­na on­hoor­baar sag in die rond­gaan­de hof in K­lerks­dorp ge­tuig.

’n Skerm het haar van die vyf be­skul­dig­des ge­skei.

Ter­wyl sy ge­tuig het, het sy ’n sag­te, pienk speel­goe­d­eend­jie vas­ge­hou wat die or­ga­ni­sa­sie Duck I­ni­ti­a­ti­ve for De­di­ca­ted U­plift­ment and Ca­re (iDuck) vroe­ër as sim­bool van hoop en troos aan haar ge­gee het.

San­ti B­ritz van Pot­chef­stroom, stig­ter van iDuck wat self agt jaar ge­le­de ver­krag is, het die mei­sie by die hof on­der­steun.

Da­vid Motswa­di­re (28), Ze­na­ki­le Mots­ha­bi (22), Ka­gi­so Mokga­ge (18), Mo­lat­l­he­gi Si­mon S­ho­pa­ne (24) en T­ha­bi­so Man­ge­na Mo­le­te (25) word ook daar­van be­skul­dig dat hul­le die mei­sie se ma, ou­er sus­ter (nou 18) en ’n mei­sie wat by hul­le woon en toe ses was, her­haal­de­lik ver­krag het.

Hul­le ont­ken skuld. Eer­gis­ter het die 51-ja­ri­ge ma in skok­ken­de be­son­der­he­de ge­tuig hoe die vyf haar ten aan­skoue van haar twee vol­was­se seuns her­haal­de­lik ver­krag het. Die jong mans is met ’n skaap­skêr en mes aan­ge­hou so­dat hul­le die vroue en kin­ders nie kon be­skerm nie.

’n Se­we­ja­ri­ge seun­tjie was ook in die huis.

Adv. Rie­kie Krau­se, vir die staat, het gis­ter DNS-be­wy­se by die hof in­ge­dien wat al die be­skul­dig­des be­hal­we Motswa­di­re met die be­weer­de ver­krag­tings ver­bind.

’n Ben­de van vyf mans het in die vroeë og­gend­u­re by die ge­sin se huis in die towns­hip Jou­ber­ton by K­lerks­dorp in­ge­breek.

Die mei­sie het ge­tuig sy is ver­skeie ke­re in ’n veld en by ’n kerk ver­krag.

Gis­ter het haar ma in kruis­on­der­vra­ging vol­ge­hou sy her­ken S­ho­pa­ne as die lei­er van die groep wat haar aan die hand deur die huis ge­lei het.

“Ek sal sy ge­sig nooit ver­geet nie,” het sy ge­tuig.

Ver­skeie huis­hou­de­li­ke ar­ti­kels en e­lek­tro­nie­se wa­re is ook ge­steel.

Die ver­hoor duur voort.

San­ti B­ritz van die or­ga­ni­sa­sie iDuck en die 17­ja­ri­ge mei­sie wat her­haal­de­lik deur ro­wers ver­krag is toe sy 15 jaar oud was. Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.