2 BMW’s, 2 mis­daad­to­ne­le laat po­li­sie bont­staan in P­re­to­ria

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die po­li­sie het gis­ter hul han­de vol ge­had met twee BMW­voer­tuie wat on­ge­veer die­self­de tyd in P­re­to­ria en Cen­tu­ri­on in on­ver­wan­te voor­val­le a­mok ge­maak het.

’n Wit BMW was hel­der oor­dag be­trok­ke by ’n ge­waag­de roof­tog by ’n re­stau­rant en ’n swart BMW het deur by­na die he­le P­re­to­ria ge­jaag met po­li­sie­le­de van ver­skeie po­li­sie­kan­to­re kort op sy hak­ke.

Al­bei voor­val­le het om­streeks 14:00 plaas­ge­vind.

In die eer­ste het ro­wers in die oos­te van Cen­tu­ri­on – in vol­le aan­sig van win­kel­gan­gers – op die Dop­pio Ze­ro-re­stau­rant in die Sout­hdo­wns-win­kel­kom­pleks toe­ge­slaan.

Kapt. Da­ve Mil­ler, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê drie of vier mans het in ’n wit BMW M3 na­by die in­gang van die re­stau­rant stil­ge­hou.

“Hul­le was ba­sies teen die sy­paad­jie by die stoep van die re­stau­rant waar klan­te ge­sit en eet het.

“Twee mans het uit die voer­tuig ge­klim en na drie ta­fels ge­stap waar men­se besig was om te eet, hand­wa­pens op hul­le ge­rig en hul­le van ju­we­liers­wa­re be­roof.”

Die aan­val­lers se ge­sig­te was met ban­da­nas be­dek.

Hul­le het daar­na blit­sig na die wag­ten­de BMW te­rug­ge­hard­loop en weg­ge­jaag, sê Mil­ler.

In­tus­sen het die po­li­sie in P­re­to­ria-Sen­traal ’n stop-en-deur­soek-pad­blok­ka­de ge­hou.

Kapt. Co­ba B­rits, ook ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie­le­de by die pad­ver­sper­ring wou ’n swart BMW af­trek om dit te deur­soek.

“Die be­stuur­der wou nie stop nie en het pro­beer om van die po­li­sie­le­de om te ry ter­wyl hy weg­ge­jaag het.

“Hy het ook ’n vuur­wa­pen by die ven­ster uit­ge­druk en ’n skoot af­ge­vuur,” sê sy.

’n Ho­ë­spoed-jaag­tog het van P­re­to­ria-Sen­traal tot in Sun­ny­si­de ge­volg.

Daar het die po­li­sie die voer­tuig tot stil­stand ge­bring, maar toe van die po­li­sie­le­de uit hul voer­tuie klim om die be­stuur­der aan te keer, het die BMW weg­ge­trek, ’n po­li­sie­man ge­tref en ver­der ge­jaag.

Die vlug­ten­de het daar­na deur die woon­buur­te Brook­lyn en Col­byn in die rig­ting van Vil­lie­ria ge­jaag.

Op die hoek van Fry­straat en B­rey­er­laan het die vlug­ten­de man ’n po­li­sie­voer­tuig wat langs hom in­be­weeg het, van die pad af­ge­druk.

Die po­li­sie­voer­tuig het teen ’n lamp­paal ge­bots.

Die man, met die res van die po­li­sie­voer­tuie op sy hak­ke, het aan­hou jaag.

“In Co­do­ni­a­laan het die BMW ge­stop.

“Die man het uit­ge­spring en pro­beer weg­kom deur oor mu­re te spring.

“Hy is eg­ter kort daar­na aan­ge­keer,” sê B­rits.

Die man is in heg­te­nis ge­neem op twee aan­klag­te van po­ging tot moord en twee van roe­ke­lo­se be­stuur.

Die po­li­sie­le­de wat in die mo­tor was wat van die pad af­ge­dwing is, so­wel as die een wat vroe­ër raak­ge­ry is, is lig be­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.