S­koon­seun ge­tuig nie ter straf­ver­sag­ting

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

S­te­fan Vis­ser sal nie ter straf­ver­sag­ting ge­tuig nie, het sy pro­ku­reur gis­ter­og­gend aan­ge­dui.

Hy word van­og­gend ge­von­nis.

Reg­ter Ni­co­le­ne Jan­se van Nieu­wen­hui­zen het ge­sê daar is geen ge­tui­e­nis wat toon dat hy be­rou het nie.

“Die hof ver­staan steeds nie hoe­kom die moord ge­beur het nie.”

Adv. Pie­ter Luyt, staats­aan­kla­er, het ge­sê uit die lyk­skou­ings­ver­slag op past. El­sa­bé van Nie­kerk is dit dui­de­lik dat sy nie net mes­ste­ke op­ge­doen het nie, maar ook “snye, kap­pe”.

Die reg­ter het by­ge­voeg dat die vlees op som­mi­ge plek­ke “am­per uit­ge­sny is”.

Luyt het ge­sê na­dat Vis­ser Van Nie­kerk vir die eer­ste keer ge­steek het, het hy ge­sien die buur­man neem fo­to’s. Dit het hom wel nie van stryk ge­bring nie. Hy het toe ’n klap­mus oor die kop ge­trek en haar “ver­skrik­lik” ge­steek.

Vis­ser het vroe­ër in sy pleit­ver­dui­de­li­king ge­sê hy wou sy skoon­ma op 11 A­pril ver­le­de jaar om ver­sko­ning gaan vra vir die woor­de­wis­se­ling met sy skoon­pa by ’n rug­by­wed­stryd waar­in sy seun­tjie ge­speel het.

Sy eks­vrou, Le­an­dri, het gis­ter ge­tuig hy het haar pa “walg­li­ke” woor­de toe­ge­snou.

By die Van Nie­kerks se duik­klop­saak in Ge­zi­na, P­re­to­ria, het Vis­ser en sy skoon­ma oor die eg­skei­ding tus­sen hom en Le­an­dri ge­praat.

Hul­le het op me­kaar be­gin skree en sy het hom met haar hand­sak ge­slaan. Hy het haar “uit woe­de” met die mes be­gin steek. Hy het dit nie be­plan nie, maar hy het haar “met op­set” be­gin steek.

“Ek het ge­weet en be­sef dit kan haar dood ver­oor­saak, maar ek het voort­ge­gaan met my on­reg­ma­ti­ge han­de­lin­ge.”

Vis­ser sê hy is “in­der­daad skul­dig”.

Vol­gens Luyt val ’n mens nie ie­mand so aan as jy net met ’n hand­sak ge­slaan word nie. Daar is ’n “in­he­ren­te boos­heid aan so ’n ge­weld­da­di­ge aan­val”. “As hy haar so uit woe­de aan­ge­val het, hoe­kom gaan hy nie po­li­sie toe nie?” het Luyt ge­vra. “Nee, hy kruip weg.” Daar­by het hy sy “aan­deel pro­beer ver­bloem” deur van sy kle­re ont­slae te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.