Stryd oor on­der­rig­taal aan UV nou na die grond­wet­hof

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

A­friForum en So­li­da­ri­teit het be­sluit om die stryd oor A­fri­kaans as on­der­rig­taal aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof voort te sit.

Hul­le het die hof pas ver­lof ge­vra om te mag ap­pel­leer teen die ap­pèl­hof se be­slis­sing ein­de Maart.

Hul­le vra die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in hul aan­soek om die UV se be­sluit om ’n nu­we taal­be­leid N­ko­si­na­thi M­zo­lo, die tax­i­be­stuur­der met ’n mees­ters­graad. te aan­vaar, ter­sy­de te stel.

La­cea Lo­a­der, woord­voer­der van die UV, sê die u­ni­ver­si­teit se se­ni­or lei­ers en reg­span be­spreek die saak.

Krag­tens die nu­we taal­be­leid sal En­gels die pri­mê­re on­der­rig­taal wees. Dit is reeds van­jaar op eer­ste­jaars­vlak in drie fa­kul­tei­te in­ge­stel en van vol­gen­de jaar af wil die UV dit na al die an­der fa­kul­tei­te be­hal­we te­o­lo­gie en op­voed­kun­de uit­brei.

Ala­na Bai­ley, ad­junk­hoof van A­friForum, sê in ’n ver­kla­ring teen die ag­ter­grond van die grond­wet­li­ke op­drag om di­ver­si­teit te be­vor­der, as­ook die ver­skans­te reg op on­der­rig in ’n taal van keu­se wat re­de­li­ker­wys uit­voer­baar is, meen A­friForum en So­li­da­ri­teit die UVraad kan nie in­te­gra­sie in klas­ver­band en trans­for­ma­sie van die u­ni­ver­si­teit be­reik deur A­fri­kaan­se on­der­rig te skrap nie.

“In sy uit­spraak het die ap­pèl­hof toe­ge­gee die e­ro­sie van A­fri­kaans se po­si­sie as on­der­rig­taal is ’n bron van kom­mer en dat ver­skil­le oor die u­ni­ver­si­teit se taal­be­leid tot in­ge­wik­kel­de grond­wet­li­ke vrae aan­lei­ding gee.”

Sy sê A­friForum en So­li­da­ri­teit meen die stand­pun­te skep ruim­te vir suk­ses met die aan­soek by die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof.

■ Dié hof­stryd het be­gin toe A­friForum hom ver­le­de jaar tot die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein ge­wend het waar ’n vol­bank reg­ters die UV-raad en -se­naat se be­sluit om die nu­we taal­be­leid te aan­vaar, ter­sy­de ge­stel het.

Die UV wou hom toe eers reg­streeks met ’n ap­pèl na die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof wend, maar die aan­soek is af­ge­wys.

Hy het hom toe na die ap­pèl­hof ge­wend waar sy ap­pèl teen die vol­bank se be­slis­sing ge­slaag het.

Nou wend A­friForum en So­li­da­ri­teit hul­le tot die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.