‘Die MRK ver­vul nie sy rol’

‘Dub­be­le stan­daar­de toe­ge­pas’

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

“Ras­sis­me is ’n be­skul­di­ging wat so al­ge­meen on­ge­grond ge­maak word dat dit dan nie erns­tig op­ge­neem word nie.”

So meen Koos Ma­lan, ’n pro­fes­sor in pu­blie­ke reg aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria.

Ma­lan het deel­ge­neem aan ’n pa­neel­be­spre­king oor ras­sis­me en die se­lek­tie­we han­te­ring daar­van in Suid-A­fri­ka wat in So­li­da­ri­teit se kan­to­re in Cen­tu­ri­on ge­hou is.

Die be­spre­king volg op die on­lang­se uit­rei­king van So­li­da­ri­teit se ver­slag “Ras­sis­me, haat­spraak en dub­be­le stan­daar­de: Geen­sins ’n een­vou­di­ge swar­ten-wit saak nie”.

“Die i­dee van ’n ras­sis het so ab­strak ge­word. Dit (ras­sis­me) is ’n tak­tie­se wa­pen wat haat aan­vuur,” sê Ma­lan.

As die re­ge­ring suk­ses­vol was, sou ’n mens nie die ras­sis­tie­se uit­la­tings van ver­al die laas­te tyd op so­si­a­le me­dia ge­sien het nie, meen hy.

So­li­da­ri­teit voer in sy ver­slag aan dat die Men­se­reg­te­kom­mis­sie (MRK) stren­ger teen wit lig­ge­wig­te op­tree en kwa­lik of glad nie teen swart swaar­ge­wig­te wat ras­sis­tie­se uit­spra­ke maak.

Dr. Dirk Her­mann, be­stuurs­hoof van So­li­da­ri­teit, sê die pa­neel­be­spre­king is be­lang­rik om die nar­ra­tief oor ras­sis­me in Suid-A­fri­ka in o­ën­skou te neem.

Dub­be­le stan­daar­de word dui­de­lik toe­ge­pas. Po­li­tie­ke lei­ers en men­se in mags­po­si­sies word nie aan­spreek­lik ge­hou vir ras­sis­tie­se uit­spra­ke jeens ’n se­ke­re groep nie, sê hy.

Con­nie Mul­der, hoof van So­li­da­ri­teit se na­vor­sings­in­sti­tuut, sê die ver­slag is in we­se ’n ver­ge­ly­ken­de stu­die waar­in be­paal is hoe die me­dia en die MRK ver­skeie on­lang­se pro­mi­nen­te sa­ke han­teer het.

Daar was tel­kens ’n on­ge­ba­lan­seerd­heid en se­lek­ti­wi­teit wat be­tref die om­vang van die me­dia-aan­dag wat die uit­spra­ke van swart en wit men­se ge­kry het, sê hy.

Dit is dui­de­lik dat die MRK nie sy rol ver­vul nie, sê hy.

Die a­ka­de­mi­kus en men­se­reg­te­ak­ti­vis R­ho­da Ka­da­lie, die me­di­a­re­gen grond­wet­ken­ner adv. Mark Op­pen­hei­mer en die joer­na­lis en skry­wer R.W. John­son het ook aan die pa­neel­be­spre­king deel­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.