Vei­lig­heid só by Fort Klap­per­kop ver­be­ter

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Heel­par­ty ver­an­de­rin­ge is al aan­ge­bring om Fort Klap­per­kop in P­re­to­ria vei­li­ger te maak ná die toe­na­me in aan­val­le op be­soe­kers laat ver­le­de jaar en vroeg van­jaar.

Mi­ke Mk­ha­ri, die Tshwa­ne­me­tro­raad se bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir land­bou en om­ge­wing, het in Fe­bru­a­rie be­lo­we dat werk ge­maak sal word daar­van om die ge­bied te be­vei­lig.

“Ons het ’n hei­ning om ’n groot deel van Klap­per­kop se per­seel aan­ge­bring (aan die Fon­tei­ne­sir­kel se kant, van Her­bert Ba­ker­straat tot by Jo­hann Ris­si­kry­laan).

“Daar is ook ’n val­hek op­ge­rig met ’n ver­trek wat wag­te as ’n kan­toor kan ge­bruik,” sê Mk­ha­ri.

Hy en le­de van die Vrien­de van die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat het gis­ter ver­ga­der oor s­tap­pe om die na­tuur­re­ser­vaat en die aan­gren­sen­de er­fe­nis­ter­rein waar die fort is so vei­lig moont­lik te maak.

Rob King, woord­voer­der van die in­wo­ners in die om­ge­wing, sê die er­fe­nis­ter­rein sal saans ge­sluit word. Be­soe­kers sal ge­vra word om hul­le te i­den­ti­fi­seer voor­dat hul­le mag in­gaan.

“Daar was tot nou toe nog geen maat­re­ëls van dié aard nie. Men­se kon in- en uit­gaan son­der om hul­self te i­den­ti­fi­seer.”

King sê hy is te­vre­de met die ‘n Nu­we val­hek word by die in­gang na die Fort Klap­per­kop­na­tuur­re­ser­vaat in P­re­to­ria ge­ïn­stal­leer.

ver­an­de­rin­ge en ver­be­te­rin­ge wat tot nou toe aan­ge­bring is.

Mk­ha­ri sê ’n pri­va­te vei­lig­heids­maat­skap­py pa­trol­leer die ge­bied, maar hul­le hoop dat me­tro­po­li­sie­le­de vol­gen­de jaar

die taak sal oor­neem.

“Ons het ’n plan van ons eie, maar ons kan dit nie al­leen uit­voer nie. Ons moet met ver­skeie an­der de­par­te­men­te saam­werk en ons het ook die ge­meen­skap se hulp no­dig. Ons wil so gou as moont­lik per­ma­nen­te vei­lig­heids­maat­re­ëls in­stel, want die vei­lig­heid van ons in­wo­ners kry pri­o­ri­teit,” sê Mk­ha­ri.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.