Tax­i­be­stuur­der spog met mees­ters­graad

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

’n Voor­ma­li­ge tax­i­be­stuur­der met ’n mees­ters­graad het be­wys e­nig­ie­mand kan sy dro­me be­waar­heid.

N­ko­si­na­thi M­zo­lo (31) het as ’n tax­i­be­stuur­der ge­werk om geld te spaar vir sy re­gis­tra­sie­geld, as­ook om sy sus­ter Bu­sang­a­ni (37) te help om ’n on­der­wy­ser te word.

Hy spog nou met ’n LLM aan die U­ni­ver­si­teit van K­waZu­lu-Na­tal (UKZN).

M­zo­lo, van A­be­bhu­ze, na­by Ca­to Rid­ge in K­waZu­lu-Na­tal, het in sy ver­han­de­ling die hui­di­ge kwes­sies in SuidA­fri­ka se kon­sti­tu­si­o­ne­le de­mo­kra­sie aan­ge­durf.

“Ek het be­vraag­te­ken of die re­ge­ring se be­slui­te ra­si­o­neel is,” sê M­zo­lo.

“Ek het die re­ge­ring pro­beer druk om nie self­ver­ry­ken­de be­slui­te ten kos­te van die sa­me­le­wing te maak nie.”

Hy sê hy was ge­ïn­spi­reer deur adv. Thuli Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), en hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng ty­dens hul toe­spra­ke by vo­ri­ge gra­de­pleg­tig­he­de.

“Die geld­gie­rig­heid en by­mo­tie­we in be­sluit­ne­ming het ons lei­ers­korps se in­te­gri­teit en mo­re­le kom­pas be­smet en ons van ons de­mo­kra­sie be­roof.”

M­zo­lo het toe be­sef sy rol as ’n regs­man is nie be­perk tot die ont­wik­ke­ling, on­der­steu­ning en be­trok­ken­heid in die sa­me­le­wing nie.

“Ons moet die waar­des van die Grond­wet hand­haaf en be­skerm.”

Dié pa van twee gee klas by Var­si­ty Col­le­ge en is ’n on­der­ri­gas­sis­tent by UKZN se reg­skool.

Hy wil sy dok­tors­graad ver­werf en daar­na ’n men­se­reg­te­ad­vo­kaat word.

“Dit was nog al­tyd vir my ’n roe­ping om weer­lo­se men­se in die sa­me­le­wing op te hef, al het ek in gr. 9 ge­dink my En­gel­s­on­der­wy­ser is mal toe hy voor­stel ek stu­deer reg­te,” sê hy.

M­zo­lo weet self van swaar­kry.

In A­be­bhu­ze, waar hy steeds woon, leef die ge­meen­skap meest­al uit ’n be­staans­boer­de­ry wat hul­le saam be­werk.

Sy en­kel­ma, Lin­ga­ni, is dood voor haar seun sy eer­ste graad ver­werf het.

Be­ne­wens die LLM het M­zo­lo ook ’n BA in kuns­te en ’n LLB ag­ter sy naam.

N­ko­si­na­thi en sy sus­ter het met beur­se van die na­si­o­na­le fi­nan­si­ë­le hulp­ske­ma vir stu­den­te (NSFAS) ge­stu­deer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.