‘Po­li­tiek het plek in sko­le’

‘Maar nie par­tye se a­gen­das’

Beeld - - Nuus -

ANC te wees.

“Dit is pro­pa­gan­da wat hul­le in sko­le ge­leer word.”

Sy sê dit is dus nie ver­ba­send dat kin­ders dink die ANC is kor­rup en nut­te­loos nie.

On­der­wys­ken­ners sê haar uit­la­tings is “on­ge­vraag, goed­koop po­li­tiek en on­ver­ant­woor­de­lik”.

Chris Klop­per, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se On­der­wy­sers­u­nie (SAOU), sê sy is on­ver­ant­woor­de­lik.

“On­der­wy­sers weet hul­le moet po­li­ties neu­traal en kul­tu­reel Dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni­Zu­ma sen­si­tief wees.”

Daar was nog nooit ’n klag­te teen on­der­wy­sers (wat deur die SAOU ver­teen­woor­dig word) dat hul­le po­li­tie­ke me­nings in sko­le ver­kon­dig nie, sê Klop­per.

“On­der­wy­sers weet hul­le moet fo­kus op die kur­ri­ku­lum en nie daar­van af­wyk nie.”

De­a­con sê om aan­mer­kings soos dié van Dla­mi­ni-Zu­ma van ’n ver­hoog af te ver­kon­dig, is goed­koop po­li­tiek.

“Hoe­kom meld sy nie sul­ke ge­val­le aan nie? Sy moet ’n amp­te­li­ke klag in­dien as sy van sul­ke ge­val­le weet.”

Men­se moet wel nie dink daar mag geen po­li­tie­ke ak­ti­wi­tei­te by sko­le wees nie.

“’n Skool is dik­wels die e­nig­ste plek in ’n ge­meen­skap waar by­een­koms­te ge­hou kan word. Be­heer­lig­ga­me ver­huur dik­wels skool­sa­le aan po­li­ti­ci wat hul by­een­koms­te daar wil hou. Dit is toe­laat­baar.

“Dit mag net nie in skool­ak­ti­wi­tei­te in­meng nie, leer­lin­ge mag nie daar wees nie en dit moet ná skool­u­re plaas­vind,” sê De­a­con.

Hy sê in skool­tyd moet neu­tra­le stand­pun­te oor die po­li­tiek in­ge­neem word.

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, het Dla­mi­ni-Zu­ma op die vin­gers ge­tik.

Sy sê geen staat­skool, in­slui­tend voor­ma­li­ge mo­del C-sko­le, word toe­ge­laat om wan­voor­stel­lings te maak van in­di­vi­due of or­ga­ni­sa­sies of om hul­le te be­spot nie.

De Waal sê dit is “werk­lik ’n riem on­der die hart” dat Mots­hek­ga ’n dap­per stand­punt in­neem dat die be­leid dui­de­lik daar­op ge­rig is om maat­skap­li­ke trans­for­ma­sie en ge­ly­ke on­der­wys­ge­leent­he­de te be­vor­der.

“Ver­der stel sy dit ook on­om­won­de dat die ge­val­le van on­ge­wens­te ge­drag son­der aar­se­ling ge­pak word.”

Fo­to: S’THEMBILE CELE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.