Mei­sie dalk gou weer skool toe ná hemp­voor­val

Beeld - - Nuus -

Die mei­sie (8) wat ver­le­de jaar haar hemp voor haar klas­maats moes uit­trek, kan moont­lik eers­daags weer na ’n o­pen­ba­re skool gaan.

Haar ma, P­rim­ro­se Moyo, is staat­loos en is die laas­te paar maan­de van bak­boord na stuur­boord ge­stuur om vir haar dog­ter toe­gang tot on­der­rig te kry.

In­tus­sen kry sy on­der­rig by die Three2Six-skool­pro­jek, wat eint­lik vir vlug­te­lin­ge be­doel is.

Ver­le­de jaar het die mei­sie se gr. 2-on­der­wy­ser by The Me­tro­po­li­tan Col­le­ge, ’n pri­va­te skool in die Jo­han­nes­burg­se mid­de­stad, haar ge­dwing om haar hemp voor die klas uit te trek om­dat haar ma nie die voor­ge­skre­we skool­hemp kon be­kos­tig nie.

Geen skool wou haar se­dert­dien son­der ’n ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat aan­vaar nie.

Al kan daar be­wys ge­le­wer word dat ’n pro­ses be­gin is om ’n ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat te kry, word kin­ders daar­son­der steeds nie in sko­le toe­ge­laat nie.

Hul­le moet ’n stro­kie van die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke kan toon wat be­wys die ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat sal uit­ge­reik word.

Die kin­der­hof in Jo­han­nes­burg het ver­le­de week be­slis die de­par­te­ment moet toe­gang ver­leen tot die no­di­ge diens­te so­dat die mei­sie se om­stan­dig­he­de on­der­soek kan word met die doel om ’n ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat aan haar uit te reik.

Lui­dens die hof­be­vel is DNS­toet­se ge­doen wat be­wys dat sy die kind van ’n Suid-A­fri­kaan­se man is.

Sophia Welz, haar ma se werk­ge­wer, sê sy sien uit na die dag wan­neer die mei­sie kan te­rug­gaan skool toe.

“Ons is baie dank­baar vir die Three2Six-skool­pro­jek, wat haar in staat stel om haar ont­wik­ke­ling by te hou, as­ook Lie­sl Mul­ler van Regs­lui vir Men­se­reg­te wat ons met die regs­as­pek­te by­staan.”

Welz is be­kom­merd oor die ve­le kin­ders in Suid-A­fri­ka wat nie ge­do­ku­men­teer is nie.

“Die on­der­wys­de­par­te­ment het geen sim­pa­tie nie. Hy weet daar is ’n pro­bleem, maar doen niks daar­aan nie en pak die skuld op bin­ne­land­se sa­ke,” sê Welz.

Elijah Mhlanga, woord­voer­der van die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys, sê wel die de­par­te­ment is ’n ven­noot van die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke.

“Saam help ons leer­lin­ge wat nie i­den­ti­teits­do­ku­men­te het nie om ge­re­gis­treer te word. Dit is in die bes­te be­lang van die re­ge­ring om te ver­se­ker dat kin­ders vol­doen­de do­ku­men­te het so­dat hul­le voor­deel kan trek uit al die diens­te wat die re­ge­ring verskaf,” sê Mhlanga.

Hy doen ’n be­roep op ou­ers om sko­le of die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke te na­der om hulp om hul kin­ders te re­gis­treer.

Saam help ons leer­lin­ge wat nie i­den­ti­teits­do­ku­men­te het nie om ge­re­gis­treer te word.

— ELIJAH MHLANGA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.