Die na­week

Beeld - - Vrydag -

Die Neig­bour­goods Mar­ket in Braam­fon­tein is ’n mark wat jy be­slis nie moet mis­loop nie. Die mark, met van die lek­ker­ste peu­sel­hap­pies en kof­fie, sal jou laat vra na nog. Die mark is el­ke Sa­ter­dag om 09:00 tot 15:00. Ska­kel 081 416 2605. Die a­dres is Ju­tastraat 73, Braam­fon­tein.

Die Wal­ter Si­su­lu Na­si­o­na­le Bo­ta­nie­se Tuin is in Roo­de­poort, Jo­han­nes­burg. Dit was voor­heen be­kend as die Wit­wa­ters­rand Na­si­o­na­le Bo­ta­nie­se Tuin. Dis so­wat 300 ha groot en is amp­te­lik in 1982 ge­stig. Dit is dus die jong­ste van die na­si­o­na­le bo­ta­nie­se tui­ne. Die wit­kruis­a­rend­broei­paar (A­qui­la ver­reauxi) wat in die Roo­de­krans­rif bo die tui­ne nes­maak, is dié tuin se trots. Die a­dres is Mal­colm­weg, Poort­view, Roo­de­poort. Ska­kel 086 100 1278 of 087 740 3639, of s­tuur ’n e­pos na si­su­lug­ar­den@san­bi.org.za vir meer in­lig­ting.

Die Rand­se S­kou het op 14 A­pril be­gin en duur tot Son­dag, daag­liks van 09:00 tot 17:00 (laas­te toe­gang om 18:00) by die Jo­han­nes­burg Ex­po­sen­trum, Nas­rec. Toe­gangs­kaart­jies bied jou ’n groot ver­skei­den­heid van ver­maak, maar sluit rit­te in die he­li­kop­ter, op die en­kel­spoor­baan (mo­no­rail) en ver­ver­sings uit. Kaar­tjies by die hek kos R150 vir vol­was­se­nes, R50 vir pen­si­oe­na­ris­se, R50 vir tie­ners van 13 tot 16, R20 vir kin­ders van ses tot 12, en kin­ders jon­ger as ses het gra­tis toe­gang. Be­spreek by Com­pu­tic­ket. Leo Say­er

Ver­ken Mel­vil­le, een van die oud­ste en be­slis in­te­res­sant­ste voor­ste­de in Jo­han­nes­burg, mô­re op ’n stap­toer. Nel Re­de­ling­huys, ’n do­sent in ge­skie­de­nis aan die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg se Vis­ta­kam­pus, wat Mel­vil­le se ge­skie­de­nis na­ge­vors het, bied die toer aan. Be­leef hier­die mi­kro­kos­mos van Jo­han­nes­burg en Suid–A­fri­ka en hoor van ons ge­skie­de­nis, ar­gi­tek­tuur en die men­se wat hier bly. In net meer as ’n eeu het Mel­vil­le al ve­le ver­an­de­rin­ge be­leef. Die toer be­gin om 13:30. Dit kos R90, wat ver­ver­sings ná die toer in­sluit. Vir meer in­lig­ting oor die a­dres en om te be­spreek, ska­kel 011 726 1448 of 083 373 0159.

deur P­hi­lip Ba­den­horst

Die Gram­my­be­kroon­de su­per­ster Leo Say­er tree die na­week in die Te­a­tro by Mon­te­ca­si­no in Four­ways, Jo­han­nes­burg, op. Dié B­rit­se san­ger het ’n loop­baan vol in­ter­na­si­o­na­le tref­fers en al­bums wat top­tien lys­te ge­haal het. Sy eer­ste groot tref­fer was “The Show Must Go On”, wat op sy de­buu­tal­bum, Sil­ver­bi­rd, in 1974 in­ge­sluit is. Say­er woon se­dert 2005 in Syd­ney, Aus­tra­lië. In 2015 is sy al­bum Re­st­less Ye­ars uit­ge­reik. Die kon­ser­te van­aand, mô­re en Son­dag be­gin om 20:00. Kaar­tjies kos van R495 tot R795. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

P­hi­lip Ba­den­horst se uit­stal­ling van o­lie­verf­skil­de­rye en ke­ra­miek­wer­ke, Li­ving the Fruits of Li­fe, het te doen met iets wat die hart van vol is. Dit duur tot 4 Mei en word in die Ti­na S­ku­kan­ga­le­ry in Fa­e­rie G­len, P­re­to­ria, aan­ge­bied. Ure: Dins­dae tot Vry­dae van 09:00 tot 17:00, en Sa­ter­dae van 09:00 tot 16:00. Die a­dres: Plot 6, Koe­doe­berg­weg, Fa­e­rie G­len, P­re­to­ria. Ska­kel 012 991 1733 of 083 653 6928, of s­tuur ’n e­pos na na­rex@ti­na­sku­kan­gal­le­ry.co.za, of be­soek ti­na­sku­kan­gal­le­ry.co.za vir meer in­lig­ting.

Krui­si­ging

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.