Te pro­pa­gan­dis­ties om vol­uit te oor­tuig

Beeld - - Vrydag - Paul Boek­kooi Dra­ma

Dit ver­baas al­tyd weer op­nuut om te ont­dek hoe die een ver­fil­ming van ’n ge­sie­ne ro­man ui­ters ge­slaagd is en ’n vol­gen­de een deur die­self­de skry­wer by­na die erg­ste moet ver­duur. ’n On­lang­se voor­beeld is In­dig­na­ti­on van P­hi­lip Roth, deur die re­gis­seur Ja­mes S­cha­mus in ’n draai­boek ver­werk, en nou E­wan M­cG­re­gor wat in A­me­ri­can Pas­to­ral, sy re­gis­seurs­de­buut, dié taak in die han­de van John Ro­ma­no ge­plaas het.

S­cha­mus het van sy fliek ’n eg mens­li­ke dra­ma ge­maak – een waar­in die jong hoof­ka­rak­ter met sy Jood­se ag­ter­grond stoei, sy sek­su­e­le ont­wa­king moet be­teu­el E­wan M­cG­re­gor, Jen­ni­fer Con­nol­ly en Han­nah Nord­berg in ’n to­neel uit en op ’n mei­sie met haar eie pro­ble­me ver­lief raak. Dít al­les teen die ag­ter­grond van die Ko­re­aan­se oor­log van die vroeë 1950s.

In A­me­ri­can Pas­to­ral, wat ’n de­ka­de la­ter be­gin af­speel, woed ’n ge­sins­kri­sis. Die Le­vov-paar­tjie wat aan die “A­me­ri­kaan­se droom” vol­doen (E­wan M­cG­re­gor en Jen­ni­fer Con­nol­ly) het ’n dog­ter, Mer­ry, wat hak­kel. Sy oor­kom dit ge­deel­te­lik as tie­ner, maar word reeds voor haar stu­den­te­ja­re op­stan­dig oor A­me­ri­ka se po­li­tie­ke/mi­li­tê­re be­leid en word ’n bom­gooi­er – pre­sies dít wat hul­le nie van haar ver­wag het nie.

Hoe­wel on­der­hou­dend, ver­loor dié fliek ge­reeld sy fo­kus, ter­wyl kon­ti­nu­ï­teit sel­de heg ge­noeg is om lo­gies te wees – deels ook om­dat die ro­man ’n meer kom­pleks saam­ge­stel­de een is wat moei­lik in ’n rol­prent “ver­taal”. Ook die di­a­loog word soms as vreemd en on­na­tuur­lik aan­ge­voel.

Met M­cG­re­gor voor die ka­me­ras word daar te veel rond­ge­val met die uit­lig van klei­ner en s­legs in ’n min­der­heid van ge­val­le be­lang­ri­ke de­tails. Dít ter­wyl die breë blik op dié era waar pro­tes rond­om die Vi­ët­na­m­oor­log en die in­plof­fing ná die vo­ri­ge an­der­half de­ka­de van A­me­ri­kaan­se trots die sa­me­le­wing ne­ga­tief be­in­vloed het.

Wan­neer Mer­ry as 16-ja­ri­ge deel word van groep jong op­stan­de­lin­ge wat ’n bom in ’n pos­kan­toor plaas wat die pos­mees­ter do­de­lik ver­wond, slaan sy op vlug. Haar pa soek ’n vol­le tien jaar na haar voor­dat daar weer kon­tak tus­sen hul­le ont­staan.

Die twee ak­tri­ses wat Mer­ry speel – Han­nah Nord­berg tot 12 en Da­ko­ta Fan­ning daar­ná – se spel is vol van ge­laai­de de­tail al is hul­le ver­sky­nings op die doek on­der­be­nut. M­cG­re­gor as S­we­de Lo­vov slaag be­ter in die vroeë to­ne­le as die la­te­res. Dié A­me­ri­can Pas­to­ral is ’n ge­mis­te kans en ver­al in sy twee­de helf­te te pro­pa­gan­dis­ties om vol­uit te oor­tuig. ■ Met o.a. E­wan M­cG­re­gor, Jen­ni­fer Con­nol­ly, Da­ko­ta Fan­ning. Re­gie: E­wan M­cG­re­gor. Tyds­duur: 108 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 13T.

A­me­ri­can Pas­to­ral.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.