Fliek oor sta­king ver­ve­lig en neer­druk­kend

Beeld - - Vrydag - Kar­la Jan­se van Vuur­en

die ge­lyk­na­mi­ge boek deur John S­tein­beck en Ja­mes Fran­co is die re­gis­seur, ver­vaar­di­ger en ster van die fliek.

Die sto­rie fo­kus op Jim No­lan (Nat Wolff) wat in 1933 ty­dens die De­pres­sie deel word van ’n po­li­tie­ke par­ty on­der die lei­er­skap van Mac M­cLe­od (Fran­co). Hul­le veg vir wer­kers­reg­te deur ’n groep ar­bei­ders wat ap­pels pluk in die vrug­te­boor­de van Ka­li­for­nië te in­fil­treer en hul­le on­ge­luk­kig­heid oor hul dag­loon aan te blaas. Hul uit­ein­de­li­ke doel is om die wer­kers so­ver te kry om te staak so­dat die plaas­ei­e­naars, soos ene Bol­ton (Ro­bert Du­vall), hul­le meer moet be­taal om hul­le weer aan’t ap­pels pluk te kry.

Lang ge­sprek­ke by kers­lig, sie­le­wroe­ging, ’n bie­tjie ro­man­se en heel­te­mal te min ak­sie volg.

Die fliek spog met ak­teurs soos Du­vall en Ed Har­ris, maar ver­al Se­le­na Go­mez as ’n jong ma se ver­tol­king be­ïn­druk glad nie. Go­mez se ron­de ge­sig­gie lyk pal ver­baas; sy moet haar mis­kien eer­der by pop­mu­siek hou.

In Du­bi­ous Batt­le laat ’n mens te­neer­ge­druk voel, en wan­neer die hoe­veel­ste ka­rak­ter vir die so­veel­ste keer op ’n ta­fel spring en ’n pas­sie­vol­le toe­spraak oor wer­kers­reg­te be­gin gee, kan jy nie help om te gaap nie.

En dan kom die ein­de so skie­lik dat jy won­der of jy dalk aan die slaap ge­raak het en die kli­maks van die fliek ge­mis het. Dalk is dit ’n be­ter i­dee om lie­wer die boek te lees.

■ Met o.a. Ja­mes Fran­co, Se­le­na Go­mez, Vin­cent D’O­nof­rio en Ro­bert Du­vall. Re­gie: Ja­mes Fran­co. Tyds­duur: 114 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 16 TG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.