De­ka­dent is nie die woord nie

Beeld - - Vrydag -

Nog el­ke keer wat ek by die Four Se­a­sons We­st­cliff-ho­tel in Jo­han­nes­burg was, was ek op­nuut ver­stom oor die de­ka­den­te luuks­heid wat met dié ho­tel ver­een­sel­wig word.

Reeds wan­neer jy by die im­po­san­te hek aan die bui­te­kant aan­meld, word jy be­groet deur ab­so­lu­te pro­fes­si­o­na­li­teit en gas­vry­heid.

’n Mens weet som­mer da­de­lik waar­om die ho­tel sy vyf ster­re met trots dra.

Ek en my man het on­langs een Sa­ter­dag ’n laat ont­byt, vroeë mid­dag­e­te (brunch) by die ho­tel se Fla­mes-re­stau­rant gaan eet en dis ’n er­va­ring wat ek vir die res van my le­we sal ont­hou.

Om­dat ons voor­af be­spreek het, het ons ’n ta­fel­tjie vir twee met die heel mooi­ste uit­sig daar op die kant van een van die ter­ras­se ge­kry en net die uit­sig op­sig­self sal jou na jou a­sem laat snak. As jy daar sit en oor die stad tuur, ver­staan jy pre­sies waar­om daar ge­sê word dat Jo­han­nes­burg by ver­re die boom­ryk­ste stad in die land is.

(Ons het selfs twee o­li­fan­te ge­sien! Die Jo­han­nes­burg­se Die­re­tuin is net ver ge­noeg dat jy daar in die ver­te die o­li­fan­te kan sien stap.)

Fla­mes se brunch is heel­te­mal Die warm dis­se wat jy a­part van die buf­fet kan be­stel. Op die bord is daar ge­rook­te vark­nek, bees­fi­let en ker­rie­gar­na­le.

an­ders as e­ni­ge an­der buf­fet-ont­byt waar­by ek al aan­ge­sit het. Bui­ten die de­ka­den­te ta­fels vol slaaie, soesji, warm groen­te­ge­reg­te, bro­de, fyn­ge­bak, ka­se, kou­e­vlei­se soos car­pac­cio en sa­la­mi, graan­kos­se met mues­li en jo­gurt, is daar ook ’n “warm” spys­kaart met ver­skil­len­de keu­ses van ei­er­ge­reg­te en jy kan ook vra dat die sjef vir jul ta­fel ’n bord be­rei met op­sies soos bees­fi­let, hoen­der­dye, ge­rook­te vark­nek en ker­rie­gar­na­le wat saam met ’n klap­per­bas­ma­ti­rys be­dien word.

Dis groot por­sies, maar op die spys­kaart staan daar dat jy glad nie hoef te hui­wer om vir nóg te vra as iets vir jou lek­ker is nie.

En dis nog lank nie al nie. Net oor die na­ge­reg al­leen kan ek ’n op­stel skryf wat my ma­trie­kon­nie se to­ne sou laat krul het van lek­ker­te. Vir na­ge­reg het jy die keu­ses van tuis­ge­maak­te wa­fels met draai­room­ys en an­der vul­sels, soos Astro’s, sjo­ko­la­de­saag­sels en noem maar op.

En tot 1 Mei is daar bo­wen­al die sjo­ko­la­de-em­po­ri­um on­der by die kel­der waar jy jou­self kan trak­teer met ’n he­le ta­fel vol sjo­ko­la­de­na­ge­reg­te, soos sjo­ko­la­de­bruin­tjies, koe­ke, sjo­ko­la­de­kaas­koek en ta­fels vol sjo­ko­la­de­bon­bons. Ek het nog net van so iets ge­droom.

Daar is selfs sjo­ko­la­de­kuns­wer­ke wat jou tan­de sal laat wa­ter.

Gas­te kan tot 16:00 smid­dae aan­sit vir hier­die ei­e­soor­ti­ge eeter­va­ring en maak jou maar reg vir ’n uit­ge­brei­de af­fê­re, waar die hor­lo­sie let­ter­lik vir ’n paar uur stil­staan.

Hier­die uit­stap­pie kos R595 per per­soon en ja, dis nie goed­koop nie, maar die er­va­ring is reg­tig eint­lik prys­loos. Dis die per­fek­te plek om ’n spe­si­a­le ok­ka­sie te vier.

■ Die a­dres is Jan S­muts­ry­laan 67, We­st­cliff, Jo­han­nes­burg. Bel 011 481 6000 vir be­spre­kings.

­ Teré­sa Coet­zee

Fo­to: TERÉ­SA COET­ZEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.