Die sterk en sag­te kant van Zoë Mo­di­ga

Zoë Mo­di­ga het on­langs haar eer­ste CD, ’n meng­sel van A­fri­ka­soul en jazz, aan die me­dia be­kend ge­stel. Hier­die al­bum, met die ti­tel Yel­lo The No­vel, ver­tel 23 af­son­der­li­ke sto­ries met die 23 u­nie­ke snit­te. Deur Teré­sa Coet­zee.

Beeld - - Vrydag -

In die eer­ste reeks van The Voi­ce ver­le­de jaar het ons haar leer ken as die on­ver­skrok­ke vrou wat ’n ver­hoog en ge­hoor met ’n paar no­te op ho­rings kon neem. Zoë Mo­di­ga was sterk, self­ver­se­kerd en vrees­loos. Daar­om die groot ver­ras­sing wan­neer sy voor jou in ’n kof­fie­win­kel sit en eint­lik heel skaam en in­ge­toë voor­kom.

“Op die ver­hoog ver­per­soon­lik ek ie­mand wat ek baie graag wil wees, maar nie nood­wen­dig wie ek in die reg­te le­we is nie. Wan­neer ek een raak met mu­siek, is dit as­of die self­ver­troue en krag in my van na­tu­re blom. Ek het so­veel pret op die ver­hoog en wan­neer ek sing, is ek on­a­po­lo­ge­ties oor my ta­lent,” sê sy in haar per­fek­te En­gels en haar sag­te, rus­ti­ge toon.

Die al­bum Yel­low The No­vel is haar eer­ste al­bum wat sy al in 2015 voor haar deel­na­me aan The Voi­ce in Kaap­stad op­ge­neem het.

“Ek is reg­tig so trots op hier­die al­bum. Ek was ’n pro­fes­si­o­ne­le mu­si­kant nog voor my deel­na­me aan The Voi­ce en ek het ver­le­de jaar deel­ge­neem om­dat ek ge­hoop het dit sou ’n goeie plat­form wees waar men­se my kan leer ken,” sê sy.

Al die mu­siek, bui­ten twee lied­jies, het Mo­di­ga self ge­skryf en baie van die lied­jies ver­tel van haar per­soon­li­ke on­der­vin­dings. El­ke lied­jie het ’n sto­rie, van­daar die ti­tel The No­vel.

“En geel is my guns­te­ling­kleur, dis waar­om ek Yel­low voor­aan ge­sit het,” sê sy.

Om­dat sy nie ’n pla­te­kon­trak het of ie­mand wat haar met die ver­sprei­ding help nie, doen Mo­di­ga al­les in haar loop­baan self. Haar mu­siek is op al die net­wer­ke, soos iTu­nes en Dee­zer, be­skik­baar.

Van kinds­been af

Sy bly dees­dae in ’n woon­stel in Northri­ding, Jo­han­nes­burg, saam met haar sus­ter, maar kom eint­lik oor­spronk­lik van Pie­ter­ma­ritz­burg.

“My ou­ers het al­bei in die me­die­se veld ge­werk en ons het baie rond­ge­trek. Ek het as kind in meer as 15 ver­skil­len­de hui­se ge­bly. My ma werk steeds as ’n me­die­se prak­ti­syn en ons het ’n won­der­lik heg­te band. Sy het ons al­leen groot­ge­maak en ek het die wê­reld se re­spek vir haar,” sê Mo­di­ga.

Sy was be­voor­reg om reeds as klein mei­sie­tjie aan ’n groot ver­skei­den­heid van goeie en ek­so­tie­se mu­siek bloot­ge­stel te word. Sy­self het ver­skeie mu­siek­in­stru­men­te be­speel, van ’n kwê­la­fluit­jie tot die kla­ri­net. Sy het sang­les­se ge­neem en tus­sen­deur kla­vier en ki­taar ook leer speel. Sy het haar gr. 7-ek­sa­men by die Roy­al S­chool of Mu­sic in kla­ri­net en sang ge­slaag.

“Ek speel die kla­ri­net in ’n paar lied­jies op my CD,” sê sy.

Die sto­rie van The Voi­ce

Haar deel­na­me aan The Voi­ce was vir haar ’n in­te­res­san­te er­va­ring en sy hou vol haar groot doel­wit was nie reg­tig om te wen nie. Sy was baie trots op Ri­chard S­tir­tan, wat ge­wen het.

Dees­dae be­stuur sy vol­tyds haar eie mu­siek­loop­baan en han­dels­naam en sy sê dit hou haar baie besig.

“Ver­der is ek eint­lik maar ’n reg­te huis­hen. Ek hou baie meer daar­van om bin­ne as bui­te te wees en ek is op my ge­luk­kig­ste net daar by my huis,” sê sy.

Sy doen baie op­tre­des en dit verg baie van haar tyd en e­ner­gie. Sy het selfs vroe­ër van­jaar op Op­pi­kop­pi op­ge­tree en dees­dae sing sy ook op al wat ’n jazz­fees is.

“As ek reg­tig wil ont­span, gaan ek see toe. Ek is mal, mal, mal oor die see. Ek is nie eint­lik ’n groot stap­per nie, ek sit eer­der net rus­tig op die strand en kyk hoe die see die bran­ders uit­spoeg en in­sluk,” sê sy.

Sy het ’n prag­ti­ge, le­ni­ge lyf, maar sê dat sy eint­lik soos ’n ti­pie­se 23-ja­ri­ge leef – as sy lus is vir slap­tjips, eet sy dit. En oe­fe­ning is nie groot op haar a­gen­da nie.

Sy is heel­te­mal ge­luk­kig om nog en­kel­lo­pend te wees en ’n man is glad nie nou op haar pri­o­ri­teits­lys nie.

“Ons Mo­di­gas is sterk vroue. Ons het nie mans no­dig om ons be­ter oor ons­self te laat voel nie,” sê sy.

Mo­di­ga is goed op dreef. Sy weet pre­sies waar sy van­daan kom, maar selfs nog be­ter, waar­heen sy op pad is. ’n Mens kan nie help om selfs nog ’n gro­ter aan­han­ger van hier­die bril­jan­te san­ge­res te wees nie.

“Ek wil graag een­dag soos my ma wees. Sterk en self­stan­dig. Sy maak die re­ëls. En sy het ge­kies om el­ke dag van haar le­we ge­luk­kig te wees. Ja, dis hoe ek ook wil wees.”

Zoë Mo­di­ga ty­dens The Voi­ce SA 2016. Fo­to: Sterk, slim en self­ver­se­kerd. Zoë Mo­di­ga op haar bes­te.

Fo­to: AART VERRIPS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.