Po­pu­lis­me is nie de­mo­kra­sie

Beeld - - Kommentaar - Lin­die Koorts

Ie­mand vra on­langs, met Do­nald Trump in ge­dag­te, wat die ver­skil tus­sen po­pu­lis­me en de­mo­kra­sie dan is. Trump is tog im­mers de­mo­kra­ties ver­kies (selfs al het hy by­na 3 mil­joen min­der stem­me as Hil­la­ry C­lin­ton ge­kry) en al trek kom­men­ta­tors hul neu­se op vir hom en sy on­der­steu­ners, bly die feit staan dat hy baie ge­wild is.

’n Po­pu­lê­re lei­er wat mas­sas­teun ge­niet en ’n ver­kie­sing op ’n le­gi­tie­me ma­nier ge­wen het, kan tog nie an­ders as de­mo­kra­ties wees nie.

Dit is in­der­daad so, maar die ma­nier waar­op ’n po­pu­lis­tie­se lei­er aan die be­wind kom, is nie waar die on­der­skeid lê nie. Ve­le po­pu­lis­te word de­mo­kra­ties ver­kies.

Die ui­ter­ste en be­rug­ste his­to­rie­se voor­beeld is A­dolf Hit­ler.

In die meer on­lang­se ge­skie­de­nis kan ons ver­wys na Hugo C­há­vez van Ve­ne­zu­e­la, Tayyip Er­do­gan van Tur­kye, Ro­dri­go Du­ter­te van die Fi­lip­py­ne – en Ja­cob Zu­ma van Suid-A­fri­ka.

Laat ons dit dui­de­lik stel: Die de­mo­kra­sie is nie per­fek nie, en kies­stel­sels is ma­ni­pu­leer­baar. Dit be­hels ’n moei­sa­me pro­ses van on­der­han­de­ling en kom­pro­mie, wat ver­an­de­ring teen ’n slak­ke­pas te­weeg bring. Die frus­tra­sie wat dit ver­oor­saak, word mak­lik deur ’n po­pu­lis ge­bruik om steun te ver­werf. So ’n fi­guur be­lo­we dan om sa­ke reg te ruk. Sul­ke be­lof­tes is baie ge­wild, maar om dit uit te voer moet de­mo­kra­tie­se in­stel­lings dik­wels om­seil word.

Du­ter­te se dwel­m­oor­log is ’n angs­wek­ken­de voor­beeld: In­heg­te­nis­ne­mings en ver­ho­re duur te lank, en dit is veel mak­li­ker om ver­meen­de dwelm­han­de­laars voor die voet dood te skiet. Dit is ook ewe mak­lik om aan­ty­gings van dwelm­smok­ke­la­ry te ge­bruik om van po­li­tie­ke teen­stan­ders ont­slae te raak.

In Ve­ne­zu­e­la het C­há­vez die reg­bank af­ge­ta­kel na­dat dié hom ver­hoed het om sy po­li­tie­ke vy­an­de te ver­volg. Hy het dit ge­reg­ver­dig deur on­der meer aan te voer dat die reg­bank sen­si­tie­wer be­hoort te wees oor die volk se wil en be­hoef­tes. Ons het al on­heil­spel­len­de eg­go’s van die­self­de ar­gu­ment hier in Suid-A­fri­ka ge­hoor.

Po­pu­lis­tie­se lei­ers kan ook de­mo­kra­tie­se me­ga­nis­mes ge­bruik om hul mag uit te brei.

Die af­ge­lo­pe week het die wê­reld toe­ge­kyk hoe die Tur­ke in ’n re­fe­ren­dum stem om aan Er­do­gan uit­ge­brei­de mag­te te gee. Dié mag­te be­sorg aan hom ’n dik­ta­tuur wat die Turk­se de­mo­kra­sie by­kans uit­wis – en tog dra dit die de­mo­kra­tie­se stem­pel van le­gi­ti­mi­teit.

Po­pu­lis­te mis­bruik dik­wels die le­gi­ti­mi­teit wat die de­mo­kra­sie aan hul­le verskaf, om te maak soos hul­le wil.

Die ANC se op­tre­de is al ja­re lank nie de­mo­kra­ties nie, maar word by die stem­bus as so­da­nig ge­reg­ver­dig.

Die pro­bleem wat po­pu­lis­te bied, is dat hul­le kort voor lank nie meer ’n ver­skil sien tus­sen ei­e­be­lang en lands­be­lang nie. Die­ge­ne wat dit waag om hul­le te kri­ti­seer, word uit­ge­maak as on­pa­tri­o­ties of as vy­an­de van die staat.

In­stel­lings wat in hul pad staan, word on­der toe­jui­ging af­ge­ta­kel. Die i­ro­nie is dat dié in­stel­lings, hoe­wel nie di­rek ver­ko­se nie, in die eer­ste plek be­sker­ming aan lands­bur­gers en die de­mo­kra­sie bied.

Hier in Suid-A­fri­ka kyk ons die laas­te ja­re toe hoe ons in­stel­lings die een ná die an­der tui­mel, na­ma­te de­mo­kra­ties ver­ko­se klep­to­kra­te hul­le vir eie ge­win kaap.

Dit is dalk moei­lik om voor te stel hoe so ’n sce­na­rio in ’n land soos die VSA, waar die de­mo­kra­sie diep ge­wor­tel is, kan uit­speel. Die voor­beel­de wat hier­bo ge­noem is, neig na die ui­ter­ste. Die mag van ’n po­pu­lis om ska­de aan de­mo­kra­tie­se in­stel­lings aan te rig, het­sy in die Wes­te, het­sy in ’n ont­wik­ke­len­de land, bly eg­ter ge­vaar­lik.

■ Lin­die Koorts is ’n his­to­ri­kus ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.