Jy tak­seer nie ie­mand op sy baad­jie nie

Beeld - - Kommentaar -

In die hart van die Klein-Ka­roo loer ’n diep ge­grief­de man kort-kort in ons rig­ting. Dit lyk of hy e­ni­ge oom­blik ’n hart­aan­val kan kry – nie om­dat sy bou­de te dik is nie, maar eer­der oor hy al ’n half­uur lank sy ore uit­leen. Ná el­ke twee­de sluk­kie bier kyk hy vir ons. Eers ver­sig­tig, soos ’n ou wat on­ge­merk deur sy voor­huis­ven­ster pro­beer loer. Maar la­ter staar hy som­mer o­pen­lik. Uit­da­gend. Uit­tar­tend. Reg vir ’n prop­per­se vuis­ge­veg hier in die kroeg waar ons te­ver­geefs pro­beer ont­snap van die doef-doef-kuns­te­feesmu­siek.

La­ter kan hy hom nie meer in­hou nie. Hy skuif sy bier dra­ma­ties een­kant toe. Ons ver­wag die heel erg­ste, want nie een van ons kan reg­tig ba­klei nie en ons weet in elk ge­val nie wat ons ver­keerd ge­doen het.

Die kroeg­man be­gin ook knyp. Met sy oë pro­beer hy die aan­dag kry van die spier­pa­leis by die deur.

“Luis­ter, boys,” sê die oom.

“Ek­skuus tog?” ver­erg ek my.

My vriend – ’n bui­te­lan­der – lyk so ver­lo­re soos ’n vol­struis in die stads­ver­keer.

Hy kan nie die taal gooi nie, maar weet hier kom groot per­de.

Die oom maak die

Kraai­fon­tein in my wak­ker en daar is nou al­ler­han­de din­ge wat ver­keerd kan gaan.

Hy sê hy soek nie van­dag moei­lik­heid nie, maar vind dit “ui­ters up­set­ting” dat ons En­gels praat wan­neer al­bei van ons dui­de­lik A­fri­kaans­spre­kend is.

“Ont­steld,” help ek hom reg. Die A­fri­kaan­se woord vir “up­set­ting” is tog “ont­steld” – en as jy ’n taal­stryd met my wil aan­knoop, be­ter jy jou woor­de­boek saam­bring. Toe hap ek hom, ter wil­le van die uit­ge­le­se me­de­drin­kers, in my bes­te Son­dag-Ien­ge­lish.

“Looks can be very de­cei­ving,” sê ek.

My vriend is in die eer­ste plek nie van SuidA­fri­ka nie, en praat bui­ten En­gels min­stens vier an­der ta­le, waar­on­der Frans en Zoe­loe. Hy’s lief vir A­fri­kaans, hoe­wel hy be­slis nie vaar­dig ge­noeg is om nou al ’n bek­ge­veg in die taal te kan voer nie.

Dis tóé dat die oom sy bier los en die kroeg ver­laat, maar daar­na was daar nog twee sul­ke voor­val­le waar on­ver­draag­sa­me A­fri­kaans­spre­ken­des my vriend vir sy En­gels kas­ty. Nes ek ’n mooi prent­jie van die taal skil­der of hy spon­taan aan ’n lek­ker A­fri­kaan­se lied­jie be­gin saam­sing, kom daar ’n vent met ’n ske­we woord. Ge­luk­kig was daar langs die pad da­rem oor­ge­noeg be­wy­se dat ons nie al­mal so is nie.

Dit was die eer­ste keer in ’n lang tyd dat ek deur ie­mand an­ders se taal­bril na die le­we kon kyk, en dit was on­ge­luk­kig dik­wels on­smaak­lik. Soms, wan­neer ’n bui­te­stan­der, soos my vriend, die ruim­tes be­tree wat aan jou be­kend is, kry jy nu­we per­spek­tie­we – en dis nie al­tyd po­si­tief nie.

Daar is te veel A­fri­kaans­spre­ken­des wat nie be­sef dat al­mal van ons uit­ein­de­lik oor die­self­de kam ge­skeer word wan­neer ons on­ver­draag­saam is teen­oor an­der ta­le nie. Ek is lief vir A­fri­kaans, maar nie ten kos­te van an­der ta­le nie.

Toe hap ek hom, ter wil­le van die uit­ge­le­se me­de­drin­kers, in my bes­te Son­dagIen­ge­lish.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.