Tyd is nou ryp vir ver­set­be­we­ging teen Ja­cob Zu­ma

Beeld - - Kommentaar -

Die ge­boor­te van ’n be­we­ging van po­li­tie­ke par­tye en or­ga­ni­sa­sies om pres. Ja­cob Zu­ma uit die kus­sings te lig, hou be­lof­te in om ’n be­pa­len­de oom­blik in die land se ge­skie­de­nis ná die a­part­heids­tyd te wees.

Die tyd was nog nooit so ryp soos nou om die wê­reld vir Zu­ma en sy kor­rup­te kliek warm te maak nie. Die mo­men­tum wat op­ge­bou is met die groot op­tog­te die laas­te tyd teen Zu­ma kon stoom ver­loor het as par­tye en or­ga­ni­sa­sies hul eie pad ge­loop het.

Die Freedom Movement, soos die be­we­ging gis­ter in So­we­to ge­doop is, sê Suid-A­fri­ka met Zu­ma as staats­hoof er­vaar sy groot­ste kri­sis se­dert 1994.

Al die op­po­si­sie­par­tye en ’n reeks or­ga­ni­sa­sies gaan on­der dié vaan­del teen Zu­ma mo­bi­li­seer.

Daar­die on­ver­moei­de stry­der om ge­reg­tig­heid, e­me­ri­tus-aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu, het laat weet hy en sy vrou, Le­ah, steun die be­we­ging.

Tu­tu was ’n lei­er in die U­ni­ted De­mo­cra­tic Front (UDF), wat in 1983 ge­stig is en wat die be­lang­rik­ste be­we­ging in Suid-A­fri­ka ge­word het om die a­part­heids­re­ge­ring op sy knieë te dwing.

Op sy hoog­te­punt was die UDF ’n sam­breel­be­we­ging waar­toe hon­der­de or­ga­ni­sa­sies be­hoort het – ker­ke, jeug­be­we­gings, vak­bon­de, ge­meen­skaps­or­ga­ni­sa­sies, noem maar op – met een doel voor oë: om van a­part­heid ont­slae te raak.

Toe FW de K­lerk a­part­heid in 1990 be­ëin­dig het, het die UDF sy be­staans­re­de ver­loor en la­ter ont­bind.

Die Freedom Movement het ook ’n ge­meen­skap­li­ke doel: om staat­skaping en kor­rup­sie, soos deur Zu­ma ver­per­soon­lik, te stuit. Zu­ma het die speel­veld on­her­roep­lik ver­an­der met sy ka­bi­net­s­kom­me­ling, die rom­mel­sta­tus daar­na en die e­ko­no­mie­se py­ne wat nog voor­lê.

Die Freedom Movement het ’n goeie saak om steun voor te werf.

Zu­ma maak ons al­mal ar­mer. Die wis­sel­koers ver­swak, in­fla­sie en ren­te­koer­se gaan styg en die e­ko­no­mie gaan aan­hou stot­ter.

Dit kan die gom wees wat die Freedom Movement by­me­kaar­hou. Na­tuur­lik sal daar al­tyd on­der­lin­ge ver­skil­le wees. So­lank al­mal die oor­hoof­se doel na­streef, kan die be­we­ging dalk suk­ses be­haal, maar mak­lik gaan dit nie wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.