Deer­nis met s­tom­me die­re kort

Beeld - - Kommentaar -

Kal­lie du P­les­sis, Van­der­bijl­park

Die s­tom­me die­re in Suid-A­fri­ka! Nou word daar tot jag ge­maak op don­kies, want hul­le vel­le het glo me­di­si­na­le ei­en­skap­pe. Wat op vier be­ne is nog vei­lig?

Ek sid­der as ek dink aan hoe die die­re ge­slag word, want soms is dit op die wreed­ste ma­nier denk­baar.

Ons leef in die 21ste eeu en ek kan nie die ar­gu­ment ver­staan van die­ge­ne wat me­di­si­na­le ei­en­skap­pe toe­dig aan ’n dier se vel, aan ’n leeu se po­te of ge­slags­de­le of aan ’n re­nos­ter­ho­ring nie.

Aan die gru­saam­heid van hon­de wat ge­slag word om ge­ëet word, wil ek nie eens dink nie.

Ek bring hul­de aan dié wat ’n hel­pen­de hand na die­re uit­steek, soos die vrou van Beth­le­hem wat vir die don­kies ’n vei­li­ge ha­we kon gee.

Hier­die plei­dooi van my sal nie die mil­joe­ne daar bui­te se ore be­reik nie, maar al kan ons el­ke dag net een dier red van ’n wre­de dood, dan het mens­lik­heid ge­se­ë­vier.

Ons leef op aar­de om ’n ver­skil te maak en ons moet dit ook doen deur men­se op­ge­voed te kry en hul­le te leer om met lief­de en deer­nis na al­le die­re te kyk, maar die maat­skap­li­ke toe­stan­de om ons ver­dien ook baie aan­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.