Dis tyd vir om­me­keer

Beeld - - Kommentaar -

Jan­Piet, Rand­burg

Met die lees van die be­rig “Ver­krag­ter sê sy moet skree” (20.04) oor die gru­we­li­ke groeps­ver­krag­ting van ’n ma en haar dog­ters voor haar seuns in Jou­ber­ton was ek met af­sku ver­vul.

Sul­ke be­rig­te oor walg­li­ke da­de teen­oor me­de­men­se ver­skyn al hoe meer en word blyk­baar ’n pa­troon.

As e­me­ri­tus-aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu die be­rig ge­lees het, sou hy waar­skyn­lik in tra­ne uit­ge­bars het. Die Jou­ber­ton van die 50’s en 60’s waar hy pre­di­kant was, het nie so ge­lyk nie!

Ek is nou 80 jaar oud en was des­tyds ’n staats­amp­te­naar in K­lerks­dorp/Jou­ber­ton, waar ons on­ge­wil­de a­part­heids­wet­ge­wing toe­ge­pas het. Maar Jou­ber­ton was toe vreed­saam.

Dis tyd vir ’n in­gry­pen­de om­me­keer in Suid-A­fri­ka! Dít is my ge­bed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.