Ná 40 jaar weer La­fras

To­bie Cron­jé het men­se weer aan die praat met sy ver­tol­king van die naam­rol in die rol­prent ‘Die re­bel­lie van La­fras Ver­wey’. AJ Op­per­man het oor dié rol, sy loop­baan en die ge­laai­de woord met Cron­jé ge­sels.

Beeld - - Middelblad -

Jy moet toe­gee dat Cron­jé veel­sy­dig met ko­mie­se ka­rak­ters is. Sy loop­baan skep die in­druk dat die de­fi­ni­sie van ’n ak­teur moont­lik van spe­ler tot spe­ler ver­skil. Soms volg ’n loop­baan ’n se­ke­re roe­te.

Cron­jé het baie hu­mo­ris­tie­se ka­rak­ters se uit­rus­tings (baie daar­van rok­ke) ge­dra. Tog is daar ver­skil­len­de lae aan dié ka­rak­ters en elk­een ver­skil.

Die ge­sprek ont­aard ’n wy­le in die uit­ruil van sy to­ne­le wat aan­doen­lik was (is), of wat­ter een die lek­ker­ste was.

Iets van die ma­nier om waar te neem, wat op u­ni­ver­si­teit deel van sy dra­ma­stu­die was, is te be­speur. Wan­neer die wa­ter voor hom neer­ge­sit word (die swart A­me­ri­ca­no nog op pad), val die hor­lo­sie wat ’n ent van ons staan hom op: “Dis die sweet­ste hor­lo­sie­tjie wat hier staan. Is dit nie mooi nie?”

Hy kom nie so ge­reeld uit nie. “Ek gaan nê­rens ge­reeld nie.” Tog is dit nie vir hom moei­lik in ’n o­pen­ba­re plek nie.

Mis­kien was daar­die le­sing­lo­kaal des­tyds aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria die eer­ste o­pen­ba­re plek toe Cron­jé hom aan die res van die klas moes voor­stel.

“Ek het ge­sê ek is To­bie Cron­jé van Ger­mis­ton, en toe bars al­mal uit van die lag. Ek het toe ge­dink: Hoe­kom is Ger­mis­ton snaaks?”

Ko­mie­se ka­rak­ters met erns

An­na Neeth­ling-Pohl en Neels Han­sen was on­der an­de­re sy do­sen­te.

“Dit was maar ’n be­gin om te hoor hoe­veel self­ver­troue al­mal het, wat­se soort stem jy het en so aan. Dit maak vir my baie sin.”

Hy be­aam dat sy ko­mie­se ka­rak­ters ook dik­wels ’n erns het, soms ook iets tra­gies soos An­dries in die te­le­vi­sie­reeks On­der draai die dui­wel rond.

“’n Mens voel jam­mer vir hom ook. Hy is ’n ou suk­ke­laar. Dan my ka­rak­ter in A­ma­lia – hy was baie meer . . . Wat’s die ou se naam nou weer? Sak­kie . . . Dan­kie!” val hy hom­self in die re­de.

“Hy het ge­maak as­of hy ou­kei is. Hy was baie meer e­mo­si­o­neel. An­dries kan nie baie goed funk­si­o­neer nie. Sak­kie is eint­lik baie ou­kei, net baie al­leen. Hy is na­der aan La­fras.”

Die ge­sprek duur so­wat agt mi­nu­te voor­dat die ti­tel­ka­rak­ter wat hy ver­tolk in die rol­prent Die re­bel­lie van La­fras Ver­wey ter spra­ke kom.

Si­mon Bar­nard is die re­gis­seur Si­mon se ma, Ka­tin­ka Heyns, die ver­vaar­di­ger, en sy pa die ont­sla­pe skry­wer Chris Bar­nard, het die teks ge­skryf. Si­mon het die te­a­ter­teks vir die rol­prent ge­mo­der­ni­seer.

“La­fras is meer in­tel­lek­tu­eel,” sê Cron­jé.

“Hy is ’n baie erns­ti­ge ka­rak­ter, maar het tog ko­mie­se oom­blik­ke.”

Cron­jé moes aan­pas. Van die ver­hoog (hy was toe ook La­fras) na rol­prent meer as vier de­ka­des la­ter. Die ka­rak­ter se ou­der­dom ver­skil ook.

“Dis ook die re­gis­seur. Des­tyds het Lou­is van Nie­kerk die re­gie van die to­neel­stuk ge­doen. Hy kon my ko­mie­se moont­lik­he­de ge­bruik. Si­mon het heel­tyd vir my ge­sê: ‘Nee, moe­nie soon­toe gaan nie, hou jou ge­sig stil­ler, moe­nie jou mond so trek nie. Moe­nie jou wenk­broue lig nie.’

“So, hy het my baie meer be­wus ge­maak van die erns­ti­ge deel, waar­voor ek baie dank­baar is, want dit het ’n nu­we deel vir my oop­ge­maak.”

Hy ver­staan nou waar­om hy nooit Ham­let was nie

Die vraag is nog nie eens klaar nie toe sê hy met ’n kop­knik ja.

Ons praat oor ty­pe­cas­ting.

“Ja,” en die woord wil-wil soos ’n lag klink.

“Die mees­te rol­le was ko­mies. Maar la­ter, toe ek self be­gin re­gie doen het, het ek be­gin kyk hoe re­gis­seurs na ak­teurs kyk. ’n Mens sal nou en dan ’n kans vat en hom teen sy soort cast. Maar dit maak tog sin om die klaar­blyk­li­ke deel van ’n ak­teur te ge­bruik.

“En oor ek lank en ma­er is en ’n lang ka­ke­been het, is dit hoe dit is. Toe ek jonk was, het ek ge­won­der hoe­kom hul­le my nie wil cast as Ham­let nie. La­ter het ek ver­staan.”

Hy is ge­waar­sku dat hy as La­fras baie moet fiets­ry. Cron­jé doen on­der meer tai chi.

“Ek glo dit help, maar ek voel al­tyd ek word deur die re­pe­ti­sie­pro­ses vir ’n spe­si­fie­ke rol fiks. En ek het voor die tyd ge­oe­fen.”

Hy word vol­gen­de jaar 70.

“Ek moet ook bieg: Met die fiets­ry­to­ne­le . . . Die een deel is ’n wil­le, woes­te op­draand en ek het ses op­na­mes ge­doen. En toe sê ek vir Si­mon ek sal nog één doen en dan is ek klaar.”

Cron­jé sê wel as ’n mens om jou rond­kyk, is daar baie men­se van sy ou­der­dom wat fiks is.

Hy praat oor ’n fiets­ry­to­neel op die maat van die mu­siek wat La­fras in sy kop hoor.

“Ons moes pro­beer dat my be­we­gings met die mu­siek sin­chro­ni­seer. So hul­le het dit vir my pro­beer speel. Eer­stens dink ek daar was ’n ge­hoor­stuk To­bie Cron­jé

in my oor, wat nie wou werk nie, daar was teg­nie­se pro­ble­me. Dan het hul­le dit ook vir my ge­speel oor ’n mi­kro­foon op ’n bak­kie wat voor my uit­ry. Dit was ’n moei­li­ke to­neel.”

Meer as vier de­ka­des la­ter en ’n an­der me­di­um.

“Ek kan in elk ge­val nie ont­hou wat ek in 1975 ge­doen het nie. Ek ont­hou die di­ri­geer van die or­kes. Dit is vir my nog­al jam­mer dat dit nie in die fliek was nie, want hy ver­beel hom hy is ’n di­ri­gent en dit sou ni­ce kon wees as die fliek­gan­gers reg­tig die or­kes kon sien wat hy hom ver­beel.”

Cron­jé wou, soos Si­mon Bar­nard, hê dat men­se na La­fras kyk as hul­self, eer­der as ie­mand an­ders.

“Daar is ’n to­neel waar­in hy van ’n tu­ba as ’n la­er blaas­in­stru­ment praat. By die werk is hy die tu­ba. Maar par­ty­keer vlieg hy soos die fluit. Dis vir my won­der­lik. Dis baie mooi be­skryf.”

Cron­jé kan kla­vier speel; an­ders as La­fras wat, sy or­kes-as­pi­ra­sies ten spyt, nie ’n in­stru­ment kan be­speel nie. Vir Cron­jé was die mu­siek vrees­lik be­lang­rik. Tog was dit moei­lik vir La­fras om uit die fiets­wiel se ge­skree by die rit­me en me­lo­die uit te kom.

En Cron­jé be­gin die wy­sie neu­rie ter­wyl hy daar­oor praat.

Kyk na men­se met ’n ‘wye oog’

Op die vraag of hy die hui­di­ge weer­ga­we van La­fras op die ver­hoog sou wou ver­tolk, ant­woord Cron­jé dat hy graag die re­gie wil doen.

Weer val die ken­mer­ken­de gli­mag op.

Tog sal hy eers ’n ruk­kie daar­mee wag, sê hy.

La­ter van­jaar ver­tolk hy die rol van Gep­pet­to, nie ’n vrou die keer nie, in Ja­ni­ce Ho­ney­man se pan­to­mi­me Pi­noc­chio. Dik­wels staan hy in dié pro­duk­sies op die hoë hak­ke van ’n vrou­li­ke ka­rak­ter, gri­me­ring, pruik, hou­ding en al.

Hy is on­se­ker oor wan­neer laas hy ’n erns­ti­ge ka­rak­ter op die ver­hoog ge­speel het. Hy ont­hou ’n rol in Ot­hel­lo lank ge­le­de.

Hen­ry in die to­neel­stuk My Fat F­riend (2016) het hy eint­lik as ’n erns­ti­ge ka­rak­ter be­na­der.

“Ek het dit so ge­sien: Hy is ’n grap­ma­ker. Hy steek sy pyn daar­mee weg. Baie queens is ge­neig om bit­sig en skerp en eint­lik aak­lig oor hul eie pyn te wees. Ek het dit pro­beer uit­druk. Dit was nie baie suk­ses­vol nie,” sê hy lag­gend.

’n Mens ver­moed hy ver­een­sel­wig hom met Hen­ry se be­na­de­ring.

“Ek dink aan die be­gin van my le­we . . . Ek wou nie ma­er wees nie. Ek wou mooi­er wees. Ek wou dalk straig­ht wees ook.”

Ook dié sin ver­an­der in ’n ef­fen­se gig­gel.

“Dees­dae is dit vir my hoe­ge­naamd nie ’n pro­bleem nie. Maar ek kan ver­staan dat ’n mens so sou dink. To­neel­stuk­ke wat dit be­lig, is vir my won­der­lik, want dit ver­dui­de­lik aan die ky­kers en die ge­ho­re hoe so ’n per­soon voel en hoe­kom so ’n per­soon só funk­si­o­neer.”

Cron­jé moes die dag ná sy pa se be­graf­nis op die stel van die te­le­vi­sie­reeks TJ7 wees om te ver­film.

Sy le­wens­maat, Wil­li­am P­re­to­ri­us, se rou­diens was op ’n Sa­ter­dag in 2007 en die dag daar­na moes hy Kaap toe vlieg om aan Law­we ge­lui­de te re­pe­teer.

Dit was ’n ge­val van “the show must go on”.

“Ek het be­sef dat ek moet fo­kus. Die le­we gaan aan. Dis on­ge­loof­lik hoe sul­ke er­va­rings ’n mens help as jy mooi daar­na kyk. Aan­vank­lik dink jy jy wil dit nie doen nie, maar as jy daar déúr kan kom . . .”

Dit her­in­ner my aan ’n op­mer­king van Cron­jé voor­heen dat dra­ma eint­lik ’n ver­plig­te vak op skool moet wees.

“Jy leer baie van jou­self. En jy leer van men­se en hoe men­se dink.

“Vir my . . . ta’ An­na-hul­le het ons aan­ge­moe­dig om met ’n wye oog na men­se te kyk. Hul­le het jou aan­ge­moe­dig om deur die nag in ’n hos­pi­taal se on­ge­val­le­af­de­ling te gaan sit. Dit was ’n pro­jek wat ons moes doen. Net om na men­se te kyk wat op­daag en men­se se angs te aan­skou. Om­dat jy nie siek is of fa­mi­lie daar het nie, kon jy dit ob­jek­tief in­neem.”

Hy speel dik­wels kla­vier, al hoe meer soos hy ou­er word.

“Dit word vir my meer en meer ’n ver­bin­te­nis met ’n an­der deel van my. Dis die ui­ting van se­ke­re ge­voe­lens wat ek het, wat ek nie weet hoe om an­ders te be­leef nie.”

Hy en sy sus­ter speel Bach se eer­ste kla­vier­kon­sert, die eer­ste be­we­ging, op twee kla­vie­re. Hy moet dit eg­ter min­stens drie keer per week doen.

Hy lees op die oom­blik ook baie fi­lo­so­fie­boe­ke.

“En ek hou van we­ten­skap­fik­sie. Baie.”

Die laas­te woord sê hy har­der. “Dis vir my so soort­ge­lyk aan te­a­ter om­dat dit me­ta­fo­ries is. Hul­le ge­bruik ’n mil­ieu wat vreemd is vir ons om ’n baie ge­wo­ne si­tu­a­sie uit te beeld. En dit gee daai ge­voel van per­spek­tief en ob­jek­ti­wi­teit.”

Ek het ge­sê ek is To­bie Cron­jé van Ger­mis­ton, en toe bars al­mal uit van die lag.

Fo­to: ANTONIA STEYN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.