Goeie Nuus

God en die goeie le­we

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Moe­nie God ver­war met daar­die “djin in the lamp” wat drie wen­se vir jou moet laat waar word nie.

Dit is nie God se werk om ons i­dee van “die goeie le­we” te be­waar­heid nie. Hy val nie by ons in nie, maar ons by Hom. Hy werk nie vir ons nie; ons leef vir Hom.

Nee, God is nie teen am­bi­sie nie. Hy het im­mers vir ons elk­een be­paal­de ta­len­te ge­gee. Wat Hy wel vra, is dat ons ons am­bi­sie tot sy eer ge­bruik. As ons by­voor­beeld die ga­we het om met sy­fers te werk, dan moet ons ons­self af­vra hoe ons hier­die ta­lent in die reg­te be­roep kan aan­wend so­dat sy ko­nink­ryk rond­om ons sig­baar sal word.

Dan gaan dit nie in die eer­ste plek oor wat­ter werk die bes­te sa­la­ris, by­voor­de­le en s­ta­tus vir ons­self bied nie.

Dan is die vraag eer­der wat­ter keu­ses gaan ons nog meer ef­fek­tief laat leef en werk bin­ne God se ko­nink­ryk.

So leef ons God se goeie le­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.