‘Ham­let’ met meer ka­rak­ters as ak­teurs

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Ham­let, eers­daags op die plan­ke in die Pie­ter Toe­rien-te­a­ter, is so­ver dit be­kend is, die eer­ste S­ha­ke­spea­re-werk wat bui­te die gren­se van Eu­ro­pa op­ge­voer is – in A­fri­ka.

Die re­gis­seur F­red A­bra­ham­se en die span van ses ak­teurs voer ’n weer­ga­we op wat die ma­tro­se van die skip Red Dra­gon aan die kus van A­fri­ka op die plan­ke ge­bring het toe hul­le le­dig was.

“Die skeeps­kap­tein moes die S­ha­ke­spea­re-teks in sy be­sit ge­had het en Wil­li­am S­ha­ke­spea­re het toe nog ge­leef. Daar is so­veel wat ’n mens in die teks kan lees op po­li­tie­ke vlak,” sê A­bra­ham­se.

Ham­let word bin­ne­kort by Mon­te­ca­si­no deur A­bra­ham­se & Mey­er Pro­ducti­ons op­ge­voer, met Mar­cel Mey­er in die rol van Ham­let, die prins wie se pa, ko­ning Ham­let, pas oor­le­de is en wie se broer Clau­di­us met Ham­let se ma, Ger­tru­de, trou.

“Dit is merk­waar­dig dat die stuk meer as 400 jaar oud is en dit men­se nog so in­te­res­seer. Daar is ’n in­tri­ge aan die sto­rie wat men­se aan­gryp. Daar was ’n ver­to­ning in R­wan­da, waar die ge­hoor in tra­ne was, en dit kom toe aan die lig die lo­kaal waar dit op­ge­voer is, is waar dui­sen­de men­se in ’n slag­ting om­ge­kom het.”

Dit is vir A­bra­ham­se on­ge­loof­lik dat die ma­tro­se die teks ge­had het. Die teks is nie ver­an­der nie.

“Ek dink Ham­let is een van S­ha­ke­spea­re se mees i­ko­nie­se wer­ke en ook een van die groot­ste wer­ke in die En­gel­se let­ter­kun­de. Hy was B­rit­tan­je se top­dra­ma­turg Mar­cel Mey­er as Ham­let in Ham­let. van die tyd. Men­se kan goed daar­uit neem, soos ’n hu­we­lik of ver­hou­ding wat skeef­loop, of ver­raad deur ’n geliefde, die pa-en-seun-ver­hou­ding, die dood van ’n ou­er. Jy hoef nie S­ha­ke­spea­re te mo­der­ni­seer om dit nuut en toe­pas­lik te maak nie.”

A­bra­ham­se re­ken die seun, prins Ham­let, wat sy oor­le­de pa, ko­ning Ham­let, se spook sien, is iets waar­by Suid-A­fri­kaan­se ge­ho­re aan­klank vind. Hul­le ver­staan die seun se ver­steurd­heid rond­om dit.

Mey­er is in die naam­rol, Mi­cha­el Ri­chard is Clau­di­us, Je­re­my Ri­chard is La­er­tes, Mat­thew Bald­win is Op­he­lia en Cal­lum Til­bu­ry ver­tolk Ger­tru­de. Daar is meer ka­rak­ters as ak­teurs in dié pro­duk­sie.

Die ge­sel­skap voer ook die pro­duk­sie la­ter van­jaar in New York in die La MaMa-te­a­ter op. Dit vorm deel van die Ten­nes­see Wil­li­ams-te­a­ter­fees waar­aan A­bra­ham­se & Mey­er Pro­ducti­ons van­jaar al die ses­de keer deel­neem.

Dit word van 3 tot 21 Mei in die Pie­ter Toe­rien-te­a­ter aan­ge­bied. Kaar­tjies kos R100 tot R180. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Fo­to: PAT BROMILOW DOWNING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.