Jong kok se lus nie ge­blus

Eer­ste uitgestem, maar hy kook voort

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Ian Gro­bler (13) van Ge­or­ge in die Wes-Kaap het eer­gis­ter met ’n swaar ge­moed op­ge­staan en aan sy ma ge­sê: “Van­dag is die sleg­te dag.”

Nie­te­min het hy 05:00 op­ge­staan om voor skool nog ’n wor­tel­koek te bak om aan sy on­der­wy­sers te ver­koop.

“Dis wat hy doen pleks van huis­werk,” sê sy ma, El­zeth.

Die der­de e­pi­so­de van Kokkedoortjie, kykNET se kos­maak­reeks vir kin­ders, is eer­gis­ter­aand uit­ge­saai en Ian was die eer­ste deelnemer wat sy sleu­tel moes te­rug­gee.

Die jong kok­ke moes ’n te­rug-skool-toe-kos­blik be­rei.

Ian het as­per­sies in spek ge­rol en op ’n brood­jie ge­pak.

“Ek is baie trots op die an­der kok­ke, want hul­le het be­ter as ek ge­vaar,” het Ian ge­sê ter­wyl ’n vet traan by sy wang af­loop na­dat hy die nuus ge­kry het. “Ek sal nie op­hou kook nie.” El­zeth sê die werk­lik­heid van werk­lik­heid-TV het haar on­mid­del­lik ge­tref.

“Al die ka­me­ras het op sy ge­sig ge­fo­kus en jy wil net jou kind te­rug in sy dop sit en voor die ka­me­ras weg­vat.

“Ek ken my kind en ek weet hy wou nie daar voor die wê­reld staan nie, maar hy het dit ont­set­tend goed han­teer.

“Toe ek eers be­sef wat ge­beur het, toe kom daai lief­de vir jou kind en jy mag hom nie ver­skrik­lik vas­hou nie, want

hy is ’n seun.”

El­zeth sê die feit dat Ian uit­ge­val het, was ’n skok, want hy het in die vo­ri­ge e­pi­so­des goed ge­vaar.

Hul­le gaan as ge­sin steeds die pro­gram kyk en kan nie wag om te sien wie uit­ein­de­lik wen nie.

Ian wil een­dag ’n pa­tis­se­rie hê.

Na­dat hy by Kokkedoortjie weg is, het hy in skool­va­kan­sies by re­stau­ran­te gaan werk.

“Ek het vir hom ge­sê al gaan hier­die deur toe, be­gin deu­re eint­lik nou vir hom oop­maak.

“Hy’s nog jonk en het so­veel dro­me wat voor­lê,” sê sy.

Ian het ’n Lek­ker­slaap-ge­skenk­be­wys van R1 000 en ’n stu­die­beurs van R20 000 van

Vir Se­ker ont­vang.

Chris­ti­aan Cloe­te (11) van Rait­hby was die wen­ner van dié e­pi­so­de met die laag­brood wat hy ge­bak het.

“Dit was ’n in­te­res­san­te ge­voel, aan­ge­sien ek wen en ie­mand an­ders gaan huis toe,” sê Chris­ti­aan.

“Dit was lek­ker, maar ook nie baie lek­ker nie.”

Chris­ti­aan sê Ian se ge­reg het vir hom baie lek­ker ge­lyk, maar hul­le het nie die kans ge­kry om me­kaar se ge­reg­te te proe nie. “Ons het vrees­lik baie sweets uit die spens ge­steel,” sê hy.

Sy ma, Mart­ma­rié, was baie bly vir sy ont­hal­we.

“Dit was baie lek­ker om my ma daar te hê en ons het me­kaar

be­ter leer ver­staan, maar ons het nog­al baie ba­klei,” sê Chris­ti­aan.

“Dit was moei­lik, maar ons het e­ven­tu­al­ly oor die weg be­gin kom.”

Hy sê om aan Kokkedoortjie deel te neem het reeds vir hom baie ge­leent­he­de ge­skep om deel­tyds spy­se­nie­ring te doen.

Hy is selfs ge­vra om vir sy skool­hoof se ver­jaar­dag ’n def­ti­ge ont­byt­piek­niek op die skool­ter­rein te be­rei.

Baie kin­ders by sy skool kom sê aan hom hul­le het hom op TV ge­sien.

“Dis baie cool om my­self op TV te sien, want dit help my self­ver­troue baie,” sê hy.

■ Kokkedoortjie word Woens­dae 20:00 op kykNET uit­ge­saai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.