FAK ver­eer kom­po­nis van die ‘Kal­fie­wals’

Beeld - - Nuus -

Die Fe­de­ra­sie van A­fri­kaan­se Kul­tuur­ver­e­ni­gin­ge (FAK) het wy­le Da­wid de Lan­ge gis­ter­aand vir sy uit­ne­men­de be­vor­de­ring van A­fri­kaan­se volks­mu­siek by die Pier­neef-te­a­ter in P­re­to­ria ver­eer.

Die toe­ken­ning is aan die Ra­dio Ka­la­ha­ri Or­kes, on­der sang­lei­ding van Ian Ro­berts, oor­han­dig.

De Lan­ge het in 1934 be­kend­heid ver­werf waar hy saam met Poea S­ta­pel­berg se Nag­lo­pers sy pla­te be­kend ge­stel het.

Die “Kal­fie­wals”, “Dai­sy­pol­ka”, “Lie­we Goud­stad-pol­ka” en vyf an­der snit­te het die mark aan die gons ge­had.

Da­nie P­re­to­ri­us skryf in Mu­siekster­re van gis­ter en van­dag De Lan­ge was ’n ge­bo­re op­ti­mis.

“Hy het by ’n pla­te­maat­skap­py se a­tel­jee in P­re­si­dent­straat in­ge­stap en hom met die vol­gen­de woor­de voor­ge­stel: ‘My naam is Da­wid de Lan­ge. Ek speel kon­ser­ti­na en ki­taar en sing ook. Ek wil graag pla­te maak in A­fri­kaans.’

“’n Jong E­ric Gallo het be­sluit om dit met Da­wid te waag en die mark te toets.”

Die ver­ko­pe het hand oor hand toe­ge­neem en la­ter het Gallo self ge­sê dat De Lan­ge sy maat­skap­py van on­der­gang ge­red het.

’n Op­ti­mis en ie­mand met waag­moed in moei­li­ke tye is die on­der­de­le van die De Lan­ge-suk­ses.

Ro­berts sê dit is vir die or­kes ’n eer om die toe­ken­ning te ont­vang.

“Da­wid was een van die eer­ste groot skry­wers van A­fri­kaan­se li­rie­ke.

“Hy het hu­mo­ris­tie­se li­rie­ke ge­skryf wat ’n spie­ël­beeld was van A­fri­ka­ners in die 1900’s en dit is i­ro­nies, maar daai hu­mor is van­dag steeds van toe­pas­sing op A­fri­ka­ners,” sê Ro­berts. Da­nie Goo­sen, voor­sit­ter van Die Fe­de­ra­sie van A­fri­kaan­se Kul­tuur­ver­e­ni­gin­ge (FAK), oor­han­dig ’n FAK­P­res­ti­ge­toe­ken­ning vir die uit­ne­men­de be­vor­de­ring van A­fri­kaan­se volks­mu­siek deur Da­wid de Lan­ge aan Ian Ro­berts van die Ra­dio Ka­la­ha­ri Or­kes.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.