Ve­re waai al weer in hoen­der­oor­log

Beeld - - Nuus - – Vi­da Booy­ens

Hoen­de­r­in­voer uit Eu­ro­pa is nie stor­ting nie, het die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) te­rug­ge­kap ná be­skul­di­gings deur die Suid­A­fri­kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa).

In ’n on­lang­se ver­kla­ring sê die EU­af­vaar­di­ging in Suid­A­fri­ka hy is ook nie te bla­meer vir die wyd­ver­sprei­de werk­ver­lie­se in die plaas­li­ke pluim­vee­be­dryf nie.

’n Hou word ook ge­mik na wat as “Sa­pa se mas­sie­we veld­tog in die me­dia teen pluim­vee­in­voer uit die EU” be­stem­pel word.

Fai­rPlay, die plaas­li­ke kamp­veg­ter teen stor­ting, het die af­ge­lo­pe maan­de na­mens Sa­pa ’n o­pen­ba­re veld­tog ge­voer om die stor­ting van hoen­der­pro­duk­te in Suid­A­fri­ka te stuit.

Die EU­af­vaar­di­ging sê in­tus­sen as daar spra­ke van stor­ting was, sou Sa­pa ’n klag by die kom­mis­sie vir in­ter­na­si­o­na­le han­dels­ad­mi­nis­tra­sie (I­tec) in­ge­dien het oor stor­ ting, soos hy in die ver­le­de ge­doen het. “Hy het nie, en die Suid­A­fri­kaan­se o­wer­he­de het self er­ken stor­ting is nie die kwes­sie nie,” lui die EU­ver­kla­ring.

Die EU sê ver­der die uit­breek van vo­ël­griep in ’n aan­tal EU­lan­de het tot ’n da­ling van meer as 66% in die uit­voer van be­vro­re hoen­der­stuk­ke aan die been ge­lei en geen stor­ting vind plaas nie.

Fran­cois Bai­rd, woord­voer­der van Fai­rPlay, sê dié be­woor­ding is mis­lei­dend. “Daar is geen mel­ding van EU­stor­ting in die ver­le­de of dat Ne­der­land, B­rit­tan­je en Duits­land reeds deur I­tac skul­dig be­vind is aan stor­ting of dat stor­ting sal styg as uit­voer her­vat nie. Daar word net be­weer dat dit nie tans plaas­vind nie.”

Die EU sê die ge­mid­del­de in­voer van be­vro­re hoen­der­por­sies aan die been ver­le­de jaar nie meer as 200 000 ton nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.