‘Fa­ce­book, kan jy hoor wat ek dink?’

Beeld - - Sakenuus -

Wat as jy ’n ge­dag­te di­rek met jou brein op Fa­ce­book kan “tik” en deel son­der om jou han­de en die toets­bord of jou stem te ge­bruik?

Fa­ce­book werk aan teg­no­lo­gie waar­mee men­se in die toe­koms ’n ge­dag­te, nes ’n fo­to of vi­deo, op dié so­si­a­le net­werk kan deel, sê Mark Zuc­ker­berg, uit­voe­ren­de hoof van Fa­ce­book.

Die pro­jek is be­kend ge­stel op

F8, ’n jaar­lik­se kon­fe­ren­sie waar ont­wik­ke­laars en maat­skap­pye die toe­koms van teg­no­lo­gie be­spreek.

Zuc­ker­berg skryf op Fa­ce­book dat ’n mens se brein ge­noeg da­ta pro­du­seer om vier ho­ë­de­fi­ni­sie­rol­pren­te el­ke se­kon­de te stroom.

Die pro­bleem is dat spraak, die mens se bes­te ma­nier om die in­lig­ting te deel, net so­veel da­ta kan oor­dra as ’n mo­dem van die 1980’s.

“Ons werk aan ’n stel­sel wat jou in staat sal stel om di­rek van jou brein so­wat vyf keer vin­ni­ger te tik as wat jy van­dag op jou foon kan tik.”

Jy deel net som­mi­ge fo­to’s op Fa­ce­book en jy deel nie al jou ge­dag­tes nie.

Die teg­no­lo­gie gaan die woor­de wat jy deel, de­ko­deer en na jou brein se spraak­sen­trum s­tuur.

“Jy kom­mu­ni­keer dan met jou stem se spoed en buig­saam­heid en teks se pri­vaat­heid.” – Niel Jou­bert

Mark Zuc­ker­berg, uit­voe­ren­de hoof van Fa­ce­book.

Vry­dag 21 A­pril 2017

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.