S&P: A­fri­can Bank se voor­uit­sig ver­be­ter

Beeld - - Sakenuus - – Fran­cois WIl­li­ams

Al klink S&P Glo­bal Ra­tings se her­sie­ning van A­fri­can Bank se voor­uit­sig van ne­ga­tief na sta­biel op die oog af po­si­tief, bly die kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap be­sorg oor die bank se swak ri­si­kopo­si­sie.

S&P het sy voor­uit­sig vir A­fri­can Bank na sta­biel ver­be­ter dank­sy ’n we­sen­li­ke ver­be­te­ring in die bank se ka­pi­ta­li­sa­sie dank­sy ’n ge­son­der ba­lans­staat en iet­wat be­ter ver­dien­ste as wat ver­wag is.

A­fri­can Bank se in­ter­na­si­o­na­le gra­de­ring is op B+/B be­ves­tig, en sy na­si­o­na­le gra­de­ring is tot zaBB ver­hoog.

Dit kom na­dat S&P vroe­ër Suid­A­fri­ka se soe­we­rei­ne gra­de­ring tot on­der be­ leg­gings­graad ver­laag het.

S&P sê A­fri­can Bank se ri­si­kopo­si­sie weer­spie­ël die in­he­ren­te hoë kre­diet­kos­te. S&P ver­wag die bank se le­nings­ver­lie­se sal ho­ër wees as dié van an­der ban­ke wat meer ge­di­ver­si­fi­seerd is en wie se le­nings­pro­duk­te teen la­er wins­mar­ges ver­koop word. A­fri­can Bank fo­kus op on­ge­se­ku­reer­de ver­brui­ker­sle­nings en het wis­sel­val­lig pres­teer. S&P sê fak­to­re wat hom kan oor­tuig om die bank se gra­de­ring te ver­laag is as die e­ko­no­mie­se of kre­dietom­ge­wing ver­swak of as kor­rup­sie en die min­ag­ting van die op­per­ge­sag van die reg in Suid­A­fri­ka ver­er­ger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.