Nu­we bier­pak les jou dors én help hon­ger stu­den­te

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

AB Inbev se agt­pak­bier­reis deur A­fri­ka. Lus vir ’n bier, maar kan nie be­sluit waar­voor jy lus is nie? An­he­u­ser-Busch InBev (AB Inbev) se nu­we agt­pak, Beers of A­fri­ca, be­hoort dié pro­bleem op te los.

Dié bier­pak be­vat van die be­kend­ste brou­sels uit Suid-A­fri­ka, Mo­sam­biek, Tan­za­nië, Mo­sam­biek, Le­so­tho, Zim­bab­we en Botswa­na.

Dié bier­reus, wat SAB Mil­ler on­langs be­kom het, het dié nu­we pro­duk gis­ter by die SAB Wor­ld of Beers in Ne­w­town, Jo­han­nes­burg, be­kend ge­stel.

Ri­car­do Ta­deu, hoof van AB InBev in A­fri­ka, sê dit is die i­de­a­le ma­nier om u­nie­ke pro­duk­te wat in A­fri­ka ge­pro­du­seer word, eers aan die Suid-A­fri­kaan­se mark en daar­na ho­pe­lik aan die res van die wê­reld be­kend te stel.

Boon­op wil AB InBev veel meer met die pro­duk be­reik as net ho­ër ver­ko­pe. Vir el­ke pak wat ver­koop word, gaan hy drie maal­tye vir stu­den­te as deel van sy ven­noot­skap met Stop Hun­ger Now borg.

“Na­vor­sing wys daar is baie stu­den­te wat nie kos het om te eet nie. Hier­die pro­jek sal ’n reu­se­by­drae maak om stu­den­te te help voed. ’n Mens kan mos nie op ’n leë maag stu­deer nie,” sê Sai­ra K­han van Stop Hun­ger Now SA.

Ja­bu­la­ni Ma­bu­za, voor­sit­ter van AB InBev in A­fri­ka, sê hy is baie op­ge­won­de oor die nu­we pro­duk en die ven­noot­skap met Stop Hun­ger Now.

“Ek was be­kom­merd toe die sa­me­smel­ting tus­sen AB InBev en SAB Mil­ler aan­ge­kon­dig is. Ek was be­kom­merd die Suid-A­fri­kaan­se ge­voel van SAB Mil­ler sou ver­lo­re gaan.

“Maar ek is ver­heug om te be­ves­tig niks het ver­an­der nie. Bier is trou­ens ’n deel van A­fri­ka se er­fe­nis. Maar nou gaan dit nie net in hier bly nie, maar ook in die res van A­fri­ka be­skik­baar wees.”

Ma­bu­za sê die in­wo­ners van A­fri­ka hou nie net van bier drink nie, hul­le hou Ja­bu­la­ni Ma­bu­za

ook van lek­ker eet. Deur die pro­duk aan ’n voe­dings­pro­gram te kop­pel, bring hier­die twee ken­mer­ke by­me­kaar.

“Ons moet die wê­reld oor­neem met bier uit A­fri­ka. Ons het die pro­duk oor Paas­na­week in Suid-A­fri­ka be­kend ge­stel.

“Hier­na kyk ons na be­las­ting­vry­e­win­kels by lug­ha­wens, en daar­na gaan ons dit na die res van die wê­reld uit­voer.

“Ons dink dit is ver­al die A­me­ri­kaan­se mark waar hier­die pro­duk goed kan vaar. Daar is ’n groot A­fri­ka-er­fe­nis in A­me­ri­ka en hul­le het tot dus­ver nie toe­gang tot hier­die pro­duk­te ge­had nie.

“Ons ver­wag om van­jaar 500 000 maal­tye te borg, en dit is net uit ver­ko­pe in Suid-A­fri­ka. Dink net hoe­veel stu­den­te ons kos kan gee wan­neer ons na die res van die wê­reld be­gin uit­voer.”

Ta­deu sê die maat­skap­py gaan met ver­loop van tyd an­der bie­re van an­der A­fri­ka­lan­de ook vir die pro­duk oor­weeg.

K­lein­han­de­laars soos C­hec­kers en S­par het glo reeds aan­ge­dui dat hul­le van hul be­staan­de ver­sprei­dings­ka­na­le na buur­lan­de ge­bruik gaan maak om die pro­duk te ver­sprei.

Fo­to’s: EL­VI­RA WOOD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.