Be­lang­ri­ke ver­sa­me­ling swart­wit fo­to’s te kry

T­sjeg boek­staaf 20ste eeu, sê af­sla­ers

Beeld - - Veilings -

Be­lang­ri­ke ver­sa­me­ling fo­to’s wat die be­ken­de T­sjeg­gie­se fo­to­graaf Lud­wig Jin­dra op ver­skil­len­de wê­reld­be­soe­ke, on­der meer ook ’n be­soek aan SuidA­fri­ka, ge­neem het, word vol­gen­de week deur Mal­lams Auctioneers in Ox­ford in En­ge­land op­ge­veil.

Jin­dra is in 1897 in die des­tyd­se T­sjeg­go-Slo­wa­kye ge­bo­re en in 1981 in Suid-A­fri­ka oor­le­de.

Hy het in die 1930’s op­drag van die T­sjeg­go-Slo­waak­se re­ge­ring ge­kry om ’n wê­reld­toer te on­der­neem en sy reis op fo­to’s te ver­e­wig.

Dié ver­sa­me­ling fo­to’s word te koop aan­ge­bied deur die seun van ’n heg­te vriend van Jin­dra.

Dit be­hels al­te­sa­me 500 swart­wit fo­to’s, wat elk 30 cm x 38 cm groot is en twee-twee saam ge­mon­teer is.

Die ver­sa­me­ling sluit in fo­to’s wat Jin­dra in die 1950’s ty­dens ’n be­soek aan die Kru­ger­wild­tuin ge­neem het.

Daar is ook fas­si­ne­ren­de fo­to’s Van die fo­to’s van die Kru­ger­wild­tuin, wat die T­sjeg­gie­se fo­to­graaf Lud­wig Jin­dra in die 1950’s op ’n be­soek aan Suid­A­fri­ka ge­neem het. Sy fo­to­ver­sa­me­ling word vol­gen­de week deur Mal­lams Auctioneers in Ox­ford, En­ge­land, op­ge­veil.

van die Ver­re-Oos­te, in­slui­ten­de C­hi­na, as­ook Noord-A­fri­ka en Lon­den net ná die Twee­de

Wê­reld­oor­log.

Mal­lams be­stem­pel die ver­sa­me­ling as ’n be­lang­ri­ke et­no­gra­fie­se

boek­sta­wing van die mid­del van die 20ste eeu.

Die vei­ling word op 25 A­pril

om 17:00 ge­hou.

Vir meer in­lig­ting be­soek www.mal­lams.co.uk.

Fo­to: MAL­LAMS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.