Ál meer mo­tor­ko­pers na vei­lings

Beeld - - Veilings -

In die hui­di­ge wis­sel­val­li­ge e­ko­no­mie­se kli­maat on­der­vind af­sla­ers dat mo­tor­ko­pers hul­le al hoe meer na vei­lings wend om mo­tors teen bil­li­ke pry­se te kry.

C­li­ve La­za­rus van Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) ver­wag dat die ten­dens om prak­tie­se, be­trou­ba­re en e­ko­no­mie­se mo­tors te kies, sal voort­duur. “Om ri­si­ko’s te mi­ni­ma­li­seer wend sul­ke ko­pers hul­le na be­trou­ba­re af­sla­ers wat voor­keur gee aan on­lang­se jaar­mo­del­le, ver­al dié wat spruit uit bank­te­rug­na­mes of die ver­koop van vloot­mo­tors,” sê hy.

“Brand­stof­pry­se en ren­te­koer­se kan bin­ne­kort styg en dit sal die al­ge­he­le be­kos­tig­baar­heid van voer­tuie be­ïn­vloed. On­der­vin­ding het ge­leer dat ko­pers in dié om­stan­dig­he­de tra­di­si­o­neel die twee­de­hand­se mark en vei­lings oor­weeg as ’n ma­nier om ’n mo­tor teen ’n be­kos­tig­baar­der prys te koop.

“Ons ver­wag dus ’n ver­skui­wing na meer e­ko­no­mie­se, klei­ner mo­tors wat kor­ter af­stan­de af­ge­lê het en wat in ’n goeie toe­stand is. Dié soort mo­tors is ge­wild en word nou ’n ge­reel­de ken­merk by ons vei­lings,” sê La­za­rus.

In ’n on­lang­se ver­kla­ring deur die na­si­o­na­le ver­e­ni­ging van ou­to­mo­biel­ver­vaar­di­gers van Suid-A­fri­ka (Naam­sa) spreek die ver­e­ni­ging sy kom­mer uit dat kwy­nen­de sa­ke­ver­troue tot min­der nu­wem­o­tor­ver­ko­pe kan lei.

La­za­rus sê die keer­sy hier­van is dat af­sla­ers Ko­pers wend hul toe­ne­mend na vei­lings vir be­kos­tig­ba­re voer­tuie.

meer ko­pers by vei­lings kan ver­wag.

Be­soek www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za of bel 011 789 4375 vir meer in­lig­ting oor vei­lings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.