Er­we in prent­jie­mooi dorp te kry

Beeld - - Veilings -

Dié erf in Ei­ke­laan in Ca­le­don het reeds goed­keu­ring in plek om in se­we klei­ner er­we on­der­ver­deel te word. Twee ta­maaie er­we in die prent­jie­mooi dor­pie Ca­le­don in die O­ver­berg­streek in die Wes-Kaap word la­ter in A­pril per stil­le ten­der deur Raw­son Aucti­ons We­stern Ca­pe op­ge­veil.

Die eer­ste erf in Mackay­straat be­slaan 2 848 m² en is in ’n dood­loop­straat oor­kant die plaas­li­ke sport­klub en gholf­baan.

Die erf is in twee de­le op­ge­deel, een deel van 875 m² en 1 973 m². Dit bied aan ko­pers die op­sie om ’n deel vir ’n eie huis te ge­bruik en die res te laat her­so­neer vir ’n moont­li­ke meent­huis­ont­wik­ke­ling.

Die rig­lyn­prys is R750 000, maar al­le aan­bie­dings sal oor­weeg word.

Dié erf se vei­ling is op 26 A­pril om 12:00 en word per stil­le ten­der, ge­skre­we aan­bie­dings in ge­slo­te koe­ver­te, ge­doen.

Die twee­de erf in Ei­ke­laan is nog gro­ter as die eer­ste en be­slaan 3 805 m².

Dit het al goed­keu­ring om in se­we klei­ner er­we on­der­ver­deel te word. Die voor­ge­stel­de on­der­ver­de­lings­plan is op na­vraag by Raw­son Aucti­ons be­skik­baar.

Die rig­lyn­prys is s­legs R180 000, ’n wa­re wins­koop vol­gens Raw­son Aucti­ons. Die erf word ook per stil­le ten­der ver­koop en aan­bie­dings moet voor 26 A­pril om 12:00 by die Raw­son Pro­per­ty Group se hoof­kan­toor in Ron­de­bosch in­ge­dien word.

Ta­nya Jo­va­no­vski, fran­chi­se­hou­er van Raw­son Aucti­ons We­stern Ca­pe, sê Ca­le­don het so­veel om te bied. “Daar is ses na­tuur­li­ke warm­wa­ter­bron­ne en die plaas­li­ke na­tuur­re­ser­vaat met sy stap­roe­tes, fyn­bos en tal­ry­ke vo­ëls.”

Vir meer in­lig­ting oor die eer­ste erf of om dit te be­sig­tig, ska­kel Hans Buys of Ta­nya Jo­va­no­vski by on­der­skei­de­lik 082 964 6852 of 082 411 9599. Vir in­lig­ting oor die twee­de erf, ska­kel vir T­heo Mol­ler by 076 278 1025.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.