’n Mo­nu­men­ta­le mees­ter­stuk te kry

Werk deur Basqui­at op $60 m. ge­raam

Beeld - - Veilings -

Sot­he­by’s se kon­tem­po­rê­re aand­kuns­vei­ling in New York gaan in Mei ge­lei word deur ’n mo­nu­men­ta­le mees­ter­stuk van die A­me­ri­kaan­se kuns­te­naar Je­an-Mi­chel Basqui­at (1960-1988).

Dié on­ge­ti­tel­de werk wat van 1982 da­teer, was lan­ger as 30 jaar uit die o­pen­ba­re oog se­dert dit laas in Mei 1984 in die mark ge­sien was.

Basqui­at het die werk ge­skil­der toe hy nog on­be­kend in die kuns­wê­reld was.

Dié werk is in 1982 van Ju­nie tot Ju­lie vir ’n klein ge­hoor in die A­lex­an­der Mil­li­ken Gal­le­ry in New York ten toon ge­stel.

Dit het toe deel ge­word van ’n pri­va­te ver­sa­me­ling, waar­na dit in 1984 op ’n vei­ling vir $19 000 ge­koop is. Se­dert­dien is dit nooit uit­ge­leen vir ’n o­pen­ba­re uit­stal­ling nie en het dit so te sê uit die oog ver­dwyn, be­hal­we vir ’n piep­klein fo­to in die kuns­te­naar se ka­ta­lo­gus rai­son­né.

Dié skil­de­ry is een van die kuns­te­naar se be­lang­rik­ste wer­ke wat nog in pri­va­te be­sit is.

Die e­nor­me werk weer­spie­ël ’n kri­tie­ke oom­blik in die kuns­te­naar se loop­baan om­dat dit in die­self­de jaar ge­skil­der is as sy eer­ste so­lo-uit­stal­lings in die An­ni­na No­sei Gal­le­ry in New York en die Ga­go­si­an Gal­le­ry in Los An­ge­les.

’n S­pek­trum van e­lek­trie­se kleu­re in a­kriel- en spuit­verf, il­lus­treer Basqui­at se e­ner­gie­ke styl as ’n mees­ter-ko­lo­ris.

Die werk weer­spie­ël ook die be­gin van ’n nu­we styl in fi­gu­ra­tie­we skil­der­kuns wat in die vroeë 80’s in die kern van Man­hat­tan pos­ge­vat het.

Die doek word oor­heers deur ’n a­na­to­mie­se kop, wat om­ring is met die kuns­te­naar se ken­mer­ken­de ge­krab­bel­de graf­fi­ti.

Sot­he­by’s se voor­vei­lings­be­ra­ming vir dié werk is meer as $60 mil­joen.

Gré­goi­re Bil­lault, hoof van Sot­he­by’s se kon­tem­po­rê­re­kuns­af­de­ling in New York, sê dit is ’n ple­sier om ’n Basqui­at van dié om­vang na die mark te bring.

“Die skaal, die on­der­werp en die vars­heid in kom­bi­na­sie met ’n toe­ne­men­de vraag na die kuns­te­naar se werk, maak die Mei-vei­ling die i­de­a­le ge­leent­heid om ’n mees­ter­stuk van dié ka­li­ber na die mark te bring.”

Basqui­at was een van die ont­sla­pe rock-i­koon Da­vid Bo­wie se guns­te­ling­kuns­te­naars.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.