NOLLIS PO­SI­TIEF OOR TUISWEDSTRYD ‘Be­ter Bul­le­span wag op Lof­tus’

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen Bul­le:

Jy kan som­mer die grap­pe en kwink­slae hoor in re­ak­sie op Nollis Marais, die Bul­le-af­rig­ter, wat meen die Lig­blou­es is ’n heel an­der rug­by­span as die een wat vroe­ër die sei­soen teen die C­hee­tahs ver­loor het.

Me­ni­ge on­der­steu­ner sal – ge­ge­we die Bul­le se ver­to­nings so­ver – hier­oor grin­nik, maar Marais glo dit is ’n be­ter Bul­le­span wat mô­re op Lof­tus Vers­feld in ’n Su­per­rug­by-wed­stryd teen die C­hee­tahs te staan kom.

“Ek glo ons is ’n an­der span wat met ’n an­der in­ge­steld­heid speel. Dit maak ’n groot ver­skil om te­rug te wees by die huis na­dat ons reeds vyf weg­wed­stry­de ge­had het.

“Ons is be­ter toe­ge­rus as in die twee­de ron­de (toe die Bul­le in Bloem­fon­tein met 28-34 teen die C­hee­tahs ver­loor het).”

Wat is die groot­ste les wat in die vo­ri­ge krag­me­ting ge­leer is?

“Moe­nie 0-24 ag­ter raak nie. Die C­hee­tahs het daar­die dag ons in die vas­te fa­set­te on­der druk ge­had en was vin­nig by die af­breek­pun­te,” sê Marais.

“Hul­le speel goeie rug­by en is ’n span wat mak­lik munt slaan as jy dit toe­laat.”

Marais sê sy e­we­knie, Fran­co S­mith, sou dié week werk ge­maak het van sy span se in­sin­king ver­le­de Sa­ter­dag in die twee­de helf­te teen die C­hiefs.

Die Nieu-See­lan­ders het die C­hee­tahs met 41-27 ver­slaan na­dat die Vry­sta­ters in die eer­ste helf­te in ’n blit­zkrieg ’n voor­sprong van 24-0 op­ge­bou het.

“Fran­co sou son­der twy­fel daar­op ge­fo­kus het. Om 80 mi­nu­te lank te speel, is self iets wat ons moet reg­kry.”

Die Bul­le is mô­re son­der die deug­de van drie S­pring­bok­ke – Han­dré Pol­lard, Jan Ser­fon­tein en T­re­vor Ny­a­ka­ne.

Pol­lard het gis­ter­og­gend op Lof­tus se B-veld ’n erns­ti­ge en­kel­be­se­ring op­ge­doen en word deur Ti­an S­choe­man ver­vang.

Ser­fon­tein en Ny­a­ka­ne kry al­bei ’n blaas­kans, soos oor­een­ge­kom met die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru).

Jes­se K­riel, wat ver­le­de Sa­ter­dag sy bes­te ver­to­ning van die sei­soen teen die Ja­gua­res ge­le­wer het, skuif na bui­te­sen­ter, met War­rick Ge­lant wat die nr. 15-trui kry.

Ja­co­bie A­dri­aan­se neem Ny­a­ka­ne se plek in die voor­ry. RG Sny­man skuif na die plaas­ver­van­gers­bank, met Ja­son Jen­kins en Lood de Ja­ger wat die nu­we op­draf-slot­paar is.

Marais sê hy het daar­teen be­sluit om met die 21-ja­ri­ge Fran­co Nau­dé op bui­te­sen­ter te waag. “Ons het be­sluit om Fran­co op die bank te kies. Ons kom teen Fran­cois Ven­ter te staan en hy is ge­dug.

“Dit is moei­lik om in die 13ka­naal te ver­de­dig en Jes­se het al vir die Bok­ke daar ge­speel. Fran­co gaan wel sy kans kry.” Ja­son Jen­kins sal mô­re Lood de Ja­ger se slot­maat vir die Bul­le wees.

Twee an­der kan­di­da­te wat oor­weeg kon word – D­ries S­wa­ne­poel en John­ny Kot­ze – is al­bei be­seer.

■ Marais het in­tus­sen ge­sê hy het die nuus ver­wag oor Ser­fon­tein wat die Bul­le gaan ver­laat. “Dit is moei­lik om ’n spe­ler soos Jan in Suid-A­fri­ka te hou. Ons en Sa­ru het hom ’n kon­trak aan­ge­bied, maar hy voel daar is be­ter ge­leent­he­de vir hom oor­see.”

■ War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el, Jes­se K­riel, Bur­ger O­den­daal, Jam­ba U­len­go, Ti­an S­choe­man, Piet van Zyl, Han­ro Lie­ben­berg, Jan­nes Kir­sten, Nic de Ja­ger, Lood de Ja­ger, Ja­son Jen­kins, Ja­co­bie A­dri­aan­se, A­dri­aan S­trauss (k), Pier­re S­choe­man. PLAAS­VER­VAN­GERS: Jaco Vi­sa­gie, Li­zo G­qo­bo­ka, Mar­tin D­rey­er, RG Sny­man, Ja­c­ques Pot­gie­ter, Ru­dy Pai­ge, Fran­cois Brum­mer, Fran­co Nau­dé.

— NOLLIS MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.