Seer lies hou SP langs kant­lyn

Beeld - - Sport - S­tor­mers:

’n Lies­be­ring hou SP Marais van­dees­week langs die kant­lyn, maar hy be­hoort weer fiks te wees wan­neer die S­tor­mers aan­staan­de week in Du­ne­din met die High­lan­ders krag­te meet.

In­tus­sen is Dil­lyn Leyds na die laas­te ves­ting toe ge­skuif vir mô­re se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Cru­sa­ders in Chris­t­church. Dit skep vir die ver­ge­te S­pring­bok B­jorn Bas­son ’n ge­leent­heid op lin­ker­vleu­el.

“SP se lies lol al die af­ge­lo­pe twee we­ke. Dis iets wat ons be­stuur het, maar ons het ge­voel hy moet nou heel­te­mal rus so­dat hy fiks kan wees vir die res van die toer.

“Dil­lyn speel nou in sy ver­ko­se po­si­sie. Hy het ge­skit­ter toe ons hom teen die Sun­wol­ves as heel­ag­ter ge­kies het,” het die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, gis­ter uit Auck­land ge­sê. Die span gaan van­dag Chris­t­church toe.

Aan­ge­sien Siya Ko­li­si van­dees­week rus, sal die Bok-slot E­ben Et­ze­beth die span aan­voer. F­leck het eg­ter ver­ras deur vir Chris van Zyl as Et­ze­beth se slot­maat te kies en Pie­ter-S­te­ph du Toit flank toe te skuif in Ko­li­si se plek.

Ter­wyl die wys­heid om een van die wê­reld se voor­ste nr. 5-slot­te flank toe te skuif, be­twis kan word, kan Du Toit nie­te­min ba­lans aan die los­voor­spe­ler­kom­bi­na­sie gee.

Die S­tor­mers het ’n be­hoef­te aan ’n groot steel­kant­flank wat die bal sterk kan dra.

■ Dil­lyn Leyds, C­heslin Kol­be, EW Vil­joen, Dan du P­les­sis, B­jorn Bas­son, Ro­bert du P­reez, De­waldt Du­ve­na­ge, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Pie­ter­S­te­ph du Toit, Ni­zaam Carr, Chris van Zyl, E­ben Et­ze­beth (k), Wil­co Louw, Bon­gi M­bo­nam­bi, JC Jan­se van Rens­burg. PLAAS­VER­VAN­GERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, Oli Keb­ble, Frans Mal­her­be, Jan de K­lerk, Co­bus Wie­se, Ja­no Ver­maak, Kurt Co­le­man, Dan K­riel.

Ek glo ons is ’n an­der span wat met ’n an­der in­ge­steld­heid speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.