Sakke vol vyfpunters wag in Sydney
Maak gereed vir ’n drieëfees!
Dit is wat vanoggend (Suid-Afrikaanse tyd) in die Superrugbywedstryd tussen die Southern Kings en die Waratahs in die Allianz-stadion in Sydney verwag kan word.
Albei spanne ken die pad doellyn toe baie goed, maar lek ook tans baie drieë.
As ’n mens na die statistieke kyk, is dit duidelik nie vergesog om te voorspel dat ’n honderdtal op die telbord kan verskyn nie (as jy die spanne se punte bymekaartel). Die Kings en die Waratahs staan gemiddeld 30-plus punte per wedstryd af.
Maar as jy nou vir Daryl Gibson en Deon Davids, onderskeidelik die afrigter van die Waratahs en die Kings, die josie in wil hê, moet jy by hulle met sulke praatjies kom.
Albei breiers wil natuurlik wen, maar hulle is ook siek en sat daarvan om te sien hoe hul span so baie punte afstaan.
Gibson het aan Fox Sports gesê hy het sy span opdrag gegee om die bal minder weg te skop.
Hy het veral sy skrumskakels, Jake Gordon en Nick Phipps, die kop gewas oor hul hangskoppe.
“Ons ding nie mee by sulke skoppe nie en ons kom nie in die regte verdedigingslyne nie,” het hy gekla.
Om die spelers in die regte lyne te laat opvolg, het Nathan Gray, die Waratahs se verdedigingsbreier, hulle selfs in oefeninge almal ’n tou laat vashou.
Gray en Gibson is bekommerd oor die Kings se vermoë om skielik en hard te slaan. “Hulle het in elf minute drie drieë teen die Reds gedruk. Dis iets wat ons moet respekteer,” het Gibson gesê.
Die Kings is wel sonder van hul giftigste angels. Malcolm Jaer en Yaw Penxe is beseer en by die huis.
As die Kings wil wen, moet hulle beter skrum as in hul afgelope twee wedstryde. Gelukkig vir hulle is die Waratahs se ervare Wallaby-stut Sekope Kepu geskors, maar ongelukkig vir hulle is sy plaasvervanger, Tom Robertson, self ’n opkomende Wallaby-ster.
Die Kings vat ’n kans deur die vaskop Justin Forwood op loskopstut teen die einste Robertson te toets.
■ Waratahs: Israel Folau, Taqele Naiyaravoro, Rob Horne, David Horwitz, Cam Clark, Bernard Foley, Jake Gordon, Michael Wells, Michael Hooper (k), Ned Hanigan, Will Skelton, David McDuling, Tom Robertson, Tolu Latu, Paddy Ryan. PLAASVERVANGERS: Hugh Roach, David Lolohea, Dean Mumm, Jed Holloway, Nick Phipps, Bryce Hegarty, Harry Jones.
Masixole Banda, Wandile Mjekevu, Berton Klaasen, Luzuko Vulindlu, Makazole Mapimpi, Lionel Cronjé (k), Louis Schreuder, Andisa Ntsila, Tyler Paul, Chris Cloete, Wilhelm van der Sluys, Irné Herbst, Ross Geldenhuys, Michael Willemse, Justin Forwood. PLAASVERVANGERS: Kurt Haupt, Schalk van der Merwe, Dayan van der Westhuizen, Mzwanele Zito, Ruan Lerm/Martin Bezuidenhout, Johan Steyn, Stokkies Hanekom, PieterSteyn de Wet. Rohan Hoffmann. Die feit dat Jean-Luc du Preez nie môre in Durban teen die Melbourne Rebels gaan speel nie, is straks ’n bedekte seën vir die Haaie én Suid-Afrika.
Dié jong Springbok-flank het vandeesweek ’n klein dyspierbesering opgedoen en die Haaie se afrigter, sy pa Robert du Preez, het besluit om nie ’n kans met hom te waag nie.
Voor die Haaie se loslootjie verlede week het Du Preez die volle 80 minute in elk van die Haaie se eerste sewe wedstryde gespeel en hom weekliks op die verdediging, aanval en in die vastelos laat geld.
’n Behoorlike blaaskans kan dié yster straks met hernude vuur laat terugkeer. Indien die Bok-breier, Allister Coetzee, sou besluit om op sy knoppie te druk in die toetsreeks in Junie teen die Franse, kan dit slegte nuus vir die besoekers wees.
Du Preez se nr. 7-trui word die naweek deur nog ’n vuurvreter, Philip van der Walt, gedra.
“Jean-Luc se dyspier lol ’n bietjie en ons wou nie met hom waag nie. Ons het darem ’n uitstekende plaasvervanger in sy plek in Philip,” sê Du Preez sr.
Die breier het net twee ander veranderings – waarvan die een ’n posisionele skuif – aangebring aan sy beginspan wat die Jaguares twee weke gelede met 18-13 geklop het.
Die jong losskakel Inny Radebe het teen die Jaguares ’n knie beseer en Curwin Bosch, wat heelagter teen die Argentyne gespeel het, sal weer in die nr. 10-trui begin.
Die voormalige Puk-heelagter Rhyno Smith kry vir die eerste keer vanjaar in die beginspan kans. Hy sal die laaste vesting beman.
Jacques Vermeulen vervang Van der Walt op die plaasvervangersbank. Die losskakel Benhard Janse van JeanLuc du Preez sal nog ’n week op die kantlyn deurbring.
Rensburg, wat teen die Southern Kings laas speelkans gekry het, is ook as plaasvervanger gekies.
Volgens die breier is daar nog goeie nuus vir die Haaie.
Hul beseerde kaptein en losskakel, Patrick Lambie, kan binnekort terugkeer ná ’n rugbesering.
“Pat het hierdie week begin hardloop. Ons kan hom dalk oor so drie weke vir die wedstryd teen die Kings (op 13 Mei) oorweeg,” sê Du Preez.
Wanneer Lambie terugkom, sit Du Preez weer met ’n ander tameletjie: Kies hy vir Bosch op heelagter en Lambie op losskakel, of andersom?
“Curwin gee nie regtig om waar hy
speel nie. Hy is baie goed op losskakel én op heelagter, maar op lang termyn is dit seker nie ideaal om hom tussen dié twee posisies te laat rondval nie. Dit is nog moeilik om te sê wat sy beste posisie is.”
Die flank Keegan Daniel, wie se arm in die voorseisoen beseer is, het ook dié week weer voluit begin oefen en kan binnekort terugkeer.
■ Rhyno Smith, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Cobus Reinach, Dan du Preez, Philip van der Walt, Tera Mtembu (k), Stephan Lewies, Etienne Oosthuizen, Coenie Oosthuizen, Franco Marais, Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit, Lourens Adriaanse, Ruan Botha, Jacques Vermeulen, Michael Claassens, Benhard Janse van Rensburg, Jeremy Ward.
Foto: GALLO IMAGES