‘Is dit fi­na­le wek­roep?’

N­zi­man­de hoop so, ken­ners dink so

Beeld - - Voorblad - Sa­rel van der Walt en Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Wer­kers­dag 2017 sal plaas­lik ont­hou word as die dag waar­op die po­li­tie­ke tek­to­nie­se pla­te be­gin skuif het.

So sê T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, na­dat pres. Ja­cob Zu­ma nie op Co­sa­tu se na­si­o­na­le saam­trek in Ko­nings­park in Bloem­fon­tein ’n spreek­beurt kon kry nie.

’n Deel van die ska­re van

5 000 Co­sa­tu- en al­li­an­sie­le­de het hom ge­kog­gel en uit­ge­jou ter­wyl hy op ’n spreek­beurt ge­wag het.

In ’n sta­di­um het ’n stam­pe­ry tus­sen Zu­ma-on­der­steu­ners en -teen­stan­ders uit­ge­breek.

Mo­ny­at­so Mahlat­si, pro­vin­si­a­le se­kre­ta­ris van Co­sa­tu, het aan die Co­sa­tu-me­nig­tes ge­sê hul­le moet huis toe gaan. “Ons sal nie die pro­gram kan volg nie.”

Van die me­mo­ran­dum van grie­we wat op dié ge­leent­heid aan tien be­weer­de swak werk­ge­wers­or­ga­ni­sa­sies van die staat uit­ge­deel sou word en waar­in hul­le ge­maan word om die werk­om­stan­dig­he­de te ver­be­ter, het ook da­dels van ge­kom.

Die oor­ver­do­wen­de ge­raas dat “Zu­ma must fall” het daar­toe ge­lei dat or­ga­ni­sa­sies, soos die Pos­kan­toor en Tel­kom, nou hul me­mo­ran­dums per pos sal kry.

Zu­ma het heel­tyd half ver­leë stip na sy skoe­ne ge­staar, wag­tend op ’n spreek­beurt, en ’n paar keer sy kek­kel­lag­gie tus­sen die an­der baie be­lang­ri­ke per­so­ne ge­gee.

Dit her­in­ner hom baie aan die be­graf­nis­diens van Nel­son Man­de­la in 2013 in So­we­to, sê Ven­ter.

“Wat vir my baie dui­de­lik is, is dat ons nog nie ’n pre­si­dent ge­had het wat so on­ge­wild soos Zu­ma is nie. In die vol­gen­de paar maan­de sal el­ke po­li­tie­ke toe­spraak op el­ke ge­leent­heid deel van die gro­ter po­li­tie­ke leg­kaart word.

“Dit wat van­dag in Bloem­fon­tein ge­beur het, is ’n groot en be­lang­ri­ke stuk in dié leg­kaart.”

Hy meen dit is nie net ’n groot te­rug­slag vir Zu­ma nie, maar ook vir Ace Ma­gas­hu­le, pre­mier van die Vry­staat, en die so­ge­naam­de pre­miers­liga, wat Zu­ma on­der­steun.

“Die uit­druk­king op die ge­sig van dr. Bla­de N­zi­man­de (se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die SAKP wat Zu­ma die laas­te ruk ge­kri­ti­seer het) ter­wyl hy langs Zu­ma ge­sit het, het boek­de­le ge­spreek.”

Die ANC sê die voor­val­le is die ge­volg van al­li­an­sie­lei­ers se uit­spra­ke oor die op­volg­stryd

Ons het nog nie ’n pre­si­dent ge­had wat so on­ge­wild is nie.

Die uit­druk­king op N­zi­man­de se ge­sig het boek­de­le ge­spreek.

om die par­ty­lei­er­skap.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, sê dit is “be­treu­rens­waar­dig dat wer­kers se op­of­fe­rings deur ver­skil­le oor po­li­tie­ke lei­er­skap oor­ska­du is”.

“Dit is pre­sies waar­om ons Co­sa­tu en an­der al­li­an­sie­struk­tu­re, in­slui­tend ons eie li­gas, ge­waar­sku het teen voor­ty­di­ge aan­kon­di­gings om­dat dit ’n uit­wer­king sal hê op ons po­gings om een­heid te be­werk­stel­lig.”

Ma­gas­hu­le sê die moei­lik­heid­ma­kers is nie van sy pro­vin­sie nie. “Ons sal die vi­deo be­stu­deer,” sê hy.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker in die par­le­ment, is ook in Dur­ban in haar toe­spraak deur­gaans uit­ge­jou en die­self­de lot het Jes­sie Du­ar­te, lid van die ANC se so­ge­naam­de

top­ses en ’n ver­trou­e­ling van Zu­ma, in Po­lo­kwa­ne te beurt ge­val.

S’dumo Dla­mi­ni, Co­sa­tu-lei­er, sê hul­le het wel voor­af ge­weet daar is ’n kans dat Zu­ma uit­ge­jou kan word. “Maar wat kan jy doen? Wat kan jy doen?”

Hy ver­wys daar­na dat M­be­te ook uit­ge­jou is en sê dit is ’n be­wys dat “dit nie oor ’n in­di­vi­du gaan nie”.

“Dus sal die lei­ers­korps moet gaan be­sin oor wat ge­beur het.”

N­zi­man­de sê hy is baie hart­seer oor die ge­beu­re en meen ook die al­li­an­sie­lei­ers moet so gou moont­lik ver­ga­der.

“Dit is vir se­ker die laag­te­punt van my tyd as lid van die al­li­an­sie. Ek hoop ook dit is die fi­na­le wek­roep. As ons hier­die ver­de­ling nie reg­stel nie, gaan die ge­skie­de­nis ons baie kwaai ver­oor­deel – as die lei­ers wat toe­ge­laat het dat die al­li­an­sie ver­brok­kel.”

Ven­ter sê die ge­beu­re is ook ’n te­rug­slag vir die Zu­ma-kamp, wat als in sy ver­moë doen om te ver­se­ker dat dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma haar eks­man op­volg.

“Daar­en­teen het die an­ti-Zu­ma-kamp ’n paar sterk kan­di­da­te in­for­meel oor­tuig om hul­le as kan­di­da­te be­skik­baar te stel, soos Cy­ril Ra­map­ho­sa, Lin­di­we Si­su­lu, Z­we­li Mk­hi­ze en Mat­hews P­ho­sa. Wan­neer die ver­kie­sing­stryd la­ter van­jaar sy pyl­vak be­reik, glo ek hul­le sal een vir een ont­trek en hul steun aan Ra­map­ho­sa toe­sê.”

Dr. Piet Crou­camp sê Dla­mi­ni-Zu­ma maak ’n groot fout as sy dink sy kan op haar eks­man se naam al­leen pre­si­dent word om­dat Zu­ma al hoe on­ge­wil­der word.

Ralph Mat­hek­ga, po­li­tie­ke ont­le­der, sê die pre­si­dent het ’n fout be­gaan deur Bloem­fon­tein toe te gaan.

“Hy moes dit ge­kan­sel­leer het. Wat vir my baie dui­de­lik is, is dat die al­li­an­sie op die oom­blik on­der baie groot druk is.

“Dit be­gin al hoe dui­de­li­ker word dat in­di­vi­due en vak­bon­de in Co­sa­tu be­sig is om ver­troue in Co­sa­tu se lei­ers te ver­loor,” sê Mat­hek­ga.

Die ska­re maak die hand­be­we­ging in sok­ker om spe­lers te ruil. Fo­to’s: MLUNGISI LOUW

Pres. Ja­cob Zu­ma en dr. Bla­de N­zi­man­de, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die SAKP, in Bloem­fon­tein.

’n Ont­sto­ke Co­sa­tu­lid op die saam­trek in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.