Het jy ’n hoof­pyn? D­rink ’n dop – stu­die

Beeld - - Voorblad -

Hoof­pyn? Ba­be­las? Pyn­pil­le klink na ’n plan, maar nóg al­ko­hol kan jou dalk laat be­ter voel, het na­vor­sers be­vind.

Na­vor­sers aan die U­ni­ver­si­teit van G­reen­wich in B­rit­tan­je het in 18 stu­dies be­vind dat twee bie­re die on­ge­mak van ’n hoof­pyn met ’n kwart kan ver­lig.

Deur ’n mens se bloedal­ko­hol­vlak tot 0,08% te ver­hoog, kan jy ’n mid­del­ma­ti­ge tot groot ver­lig­ting in die in­ten­si­teit van jou pyn er­vaar, het die na­vor­sers aan The Sun ge­sê.

“Ons be­vin­dings wys dat al­ko­hol ’n doel­tref­fen­de pyn­ver­lig­ter is, wat moont­lik kan ver­dui­de­lik hoe­kom men­se met chro­nie­se pyn al­ko­hol dik­wels mis­bruik, on­ge­ag die lang­ter­myn­ge­vol­ge vir hul ge­sond­heid.”

Dit is nog on­dui­de­lik of al­ko­hol die ge­voel van pyn ver­lig om­dat dit pyn­re­sep­to­re in die brein be­ïn­vloed en of dit bloot angs­tig­heid ver­lig, wat ’n mens laat dink dat die pyn nie so erg is nie.

Dr. T­re­vor T­homp­son, stu­die­lei­er, sê al­ko­hol kan met o­pi­a­te soos ko­de­ïen ver­ge­lyk word en is doel­tref­fen­der as pa­ra­se­ta­mol.

“As ons me­di­sy­ne kan ont­wik­kel wat nie die ska­de­li­ke ne­we­ef­fek­te van al­ko­hol het nie, kan ons ’n doel­tref­fen­der pyn­stil­ler hê as wat op die oom­blik be­skik­baar is.”

Ken­ners waar­sku dat die stu­die­be­vin­dings geen­sins be­te­ken dat al­ko­hol goed is vir die lig­gaam nie.

Ro­san­na O’Con­nor van Pu­blic He­alth Eng­land sê men­se wat te veel d­rink, kan in die toe­koms er­ger ge­sond­heids­pro­ble­me er­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.