Klo­fie-vreug­de!

Wa­ter­kloof skok Paul Roos in Kim­ber­ley

Beeld - - Voorblad - Wim P­re­to­ri­us

Die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof het die groot­ste skok op die Wil­de­kla­wer-rug­by­toer­nooi ge­le­wer toe hy gis­ter die sterk span van Paul Roos Gim­na­si­um met 38-25 ge­klop het op die laas­te dag van dié sko­le­skou­spel.

Dit het ge­lyk of Paul Roos, wat die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies) Sa­ter­dag met 21-14 ge­klop het, al hul e­ner­gie teen Af­fies uit­ge­woed het.

Klo­fies het die S­tel­len­bos­sers

on­kant be­trap met hul be­reid­wil­lig­heid om die bal die praat­werk te laat doen. Die P­re­to­ri­a­ners het el­ke ge­leent­heid wat na hul­le kant toe ge­kom het, be­nut en Paul Roos se ge­leent­he­de aan­sien­lik be­perk.

Klo­fies se los­trio van Gus­tav de Ja­ger, Da­nie Wes­sels en E­wan Vis­ser, moet lof toe­ge­swaai word vir die ma­nier waar­op hul­le keer op keer om­ge­keer­de be­sit be­werk­stel­lig het. Dié drie het soos ’n goed ge­o­lie­de ma­sjien sa­ke byna on­moont­lik vir Paul Roos ge­maak.

PJ Kru­gell, Wa­ter­kloof se

vleu­el, het sy be­geer­te om die doel­lyn oor te steek, weer voort­ge­sit met nog twee drieë.

Hy het van­jaar reeds 10 drieë ge­druk.

Klo­fies het Sa­ter­dag met 7-26 teen Paarl Gim­na­si­um ver­loor. ■ Oak­da­le Land­bou het die Ho­ër­skool Gars­fon­tein se droe­wi­ge sei­soen laat voort­duur met ’n oor­win­ning van 40-19.

Oak­da­le het ses drieë in­ge­ryg met die Gar­sies wat drie keer ag­ter die doel­lyn kon draai.

Die Gar­sie Be­re is Sa­ter­dag met 38-12 deur G­len­wood Boys’ High af­ge­ran­sel.

Gis­ter was dit Gar­sies se vyf­de loe­sing in agt krag­me­tings.

■ Die Ho­ër­skool S­tel­len­berg het HTS Mid­del­burg se Rooi Bul­le met 31-21 ge­klop na­dat hy op die eer­ste dag met 24-elk ge­lyk­op teen Ho­ër­skool Dr. EG Jan­sen ge­speel het. S­tel­len­berg was met die rus­tyd reeds met 17-0 voor en het ge­lyk of hy mak­lik sou wen na­dat Mid­del­burg ge­suk­kel het om sy stem­pel af te druk.

Die Rooi Bul­le het in die twee­de helf­te aan­sien­lik be­ter ver­toon en hul teen­stan­ders met drie ver­doel­de drieë laat sweet, maar dit was te laat.

S­tel­len­berg se los­ska­kel, Ni­van Pe­ter­sen, was sy span se groot uit­blin­ker met twee drieë en die skop­skoen wat ook ses pun­te by­ge­dra het.

HTS Mid­del­burg is op die eer­ste dag van die toer­nooi met ’n uit­ste­ken­de ver­to­ning deur Wel­kom Gim­na­si­um uit­oor­lê en sal hard moet werk om hul­self weer reg te ruk.

■ Paarl Bois­haai het dit se­ge nr. 44 ag­ter­een­vol­gens ge­maak toe hy vir G­len­wood High S­chool van Dur­ban met 30-12 ge­klop het.

Die Paar­lie­te moes hard werk om as oor­win­naars uit die stryd te tree, maar sal te­vre­de met hul po­ging voel.

Ab­ner van Ree­nen is op los­ska­kel in­ge­span vir dié krag­me­ting, na­dat hy tot dus­ver van­jaar groot­liks op heel­ag­ter diens ge­doen het. Van Ree­nen het ge­mak­lik in die nr. 10-trui ge­lyk.

Die Paar­lie­te se se­nu­wees sal wel be­gin lol ná die twee ver­to­nings wat G­rey Kol­le­ge van Bloem­fon­tein ge­le­wer het. Die twee span­ne pak me­kaar bin­ne­kort in die Ro­se­stad.

PJ Kru­gell, Wa­ter­kloof se vleu­el, het ’n uit­ste­ken­de wed­stryd teen Paul Roos Gim­na­si­um be­leef en twee drieë ge­druk. Fo­to: FRANS LOMBARD / ACTIONPIX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.