MAX: ZU­MA SE TRUUKS OM 783 KLAGTE TE ONTDUIK AL BYNA OP

Beeld - - Voorblad -

Al het ’n kom­mis­sie van on­der­soek geen ge­tui­e­nis van kor­rup­sie in die wa­pen­skan­daal ge­vind nie, wil die skan­daal maar net nie vir pres. Ja­co Zu­ma wyk nie.

Nu­we be­we­rings van nog dui­sen­de ran­de wat Zu­ma na be­we­ring uit die wa­pen­tran­sak­sie ge­kry het, is die na­week ge­maak.

Hy het glo ook ’n ver­trou­e­ling van hom ge­vra het om nie voor die Se­ri­ti-kom­mis­sie van on­der­soek te ge­tuig oor hoe hy na be­we­ring uit die wa­pen­trank­sak­sie voor­deel ge­trek het nie.

Die wa­pen­skan­daal kom nou al 16 jaar. Met ver­loop van ja­re het nu­we be­wy­se van kor­rup­sie klok­slag aan die lig ge­kom.

Die Se­ri­ti-kom­mis­sie van on­der­soek het die tran­sak­sie in 2013 be­gin on­der­soek, maar was van meet af aan in om­stre­den­heid ge­dom­pel.

31 or­ga­ni­sa­sies het ge­vra dat die kom­mis­sie ont­bind om­dat die kom­mis­sie vol­gens hul­le geen ge­loof­waar­dig­heid ge­had het nie.

Die be­dan­kings van on­der­soe­kers van die kom­mis­sie wat be­weer het die kom­mis­sie dryf sy eie a­gen­da, het die pu­bliek ook in ’n groot ma­te ver­troue in die kom­mis­sie laat ver­loor.

Die na­week het Sun­day Ti­mes be­rig ’n ver­trou­e­ling van Zu­ma en pro­ku­reur van P­re­to­ria, A­jay Sook­lal, het in hof­stuk­ke ge­sê Zu­ma het hom in 2012 ge­vra om nie vir die Se­ri­ti-kom­mis­sie te sê dat hy (Zu­ma) tot in 2009 deur die Fran­se maat­skap­py T­ha­les be­taal is nie.

Sook­lal se ver­kla­ring is tot steun van die Cor­rup­ti­on Wa­tch en die Rig­ht2K­now-veld­tog, wat die Se­ri­ti-kom­mis­sie se be­vin­dings in die hoog­ge­regs­hof be­vraag­te­ken.

As Zu­ma en die ANC ge­dink het hul­le gaan die wa­pen­skan­daal met Se­ri­ti-kom­mis­sie se be­vin­dings be­gra­we, maak hul­le ’n groot fout.

Baie tyd het ver­lo­re ge­gaan voor­dat die eer­ste kor­rup­sie met die wa­pen­kon­trak op die lap­pe ge­kom het. Dit het kor­rup­tes on­ge­twy­feld kans ge­gee om hul spo­re dood te vee.

Die waar­heid het eg­ter ’n ma­nier om deur die kra­ke te kruip en ge­lei­de­lik uit te kom.

Dit lyk toe­ne­mend of Zu­ma se be­weer­de be­trok­ken­heid by die wa­pen­tran­sak­sie gro­ter is as wat ver­moed word. Soos met N­kand­la sal die vol­le ver­haal ho­pe­lik met­ter­tyd aan die lig kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.