‘Ons weet daar is fout,’ sê Cy­ril in M­pu­ma­lan­ga

Al­li­an­sie moet nou ver­e­nig, sê spre­kers

Beeld - - Voorblad - A­let Jou­bert en Ja­son Fe­lix

“Ons weet din­ge is nie reg in die land nie. Ons het ’n re­ge­ring no­dig wat nie men­se se geld eet nie. Daar­om moet Co­sa­tu, die ANC en die SAKP ver­e­nig om die land vo­ren­toe te neem.”

Só het adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa gis­ter op ’n Co­sa­tu-saam­trek in gie­ten­de re­ën in Hec­tor­spruit in M­pu­ma­lan­ga ge­sê.

In Kaap­stad het dr. Z­we­li Mk­hi­ze, ANC-te­sou­rier-ge­ne­raal, op ’n saam­trek in die Kas­teel de Goe­de Hoop ’n soort­ge­ly­ke be­roep op die al­li­an­sie­ven­no­te ge­doen.

Die ANC moet sy fak­sie­ge­veg­te, in­ter­ne uit­da­gings en ver­hou­din­ge met die al­li­an­sie­ven­no­te uit­stryk as hy nie wil hê die­ge­ne met teen­re­vo­lu­si­o­nê­re be­gin­sels moet die land in 2019 re­geer nie.

Mk­hi­ze het ge­sê hy weet daar is “kwes­sies” oor pres. Ja­cob Zu­ma. Daar is ook baie vrae oor die ka­bi­net­s­kom­me­ling, “maar daar word aan my ge­sê hier­die kwes­sies moet in die par­ty han­teer word”.

“Ek wil ’n be­roep op die al­li­an­sie­ven­no­te doen om me­kaar te on­der­steun.

“Daar sal uit­da­gings in e­ni­ge or­ga­ni­sa­sie wees. Dit is nie hoe groot die pro­bleem is nie, maar hoe goed ons dit han­teer,” het hy ge­sê.

Een­heid in die ANC is nou no­di­ger as ooit te­vo­re.

“Ons moet saam­werk; ons kan nie an­ders nie. Die ANC kan nie nou oor­gee nie. Die ANC se pro­ble­me met Co­sa­tu en die SAKP is klein tak­tie­se uit­da­gings wat in die par­ty aan­ge­pak moet word,” het hy ge­sê.

M­pu­ma­lan­ga se Co­sa­tu-lei­ers het op die saam­trek be­ves­tig dat hul­le die vak­ver­bond se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee in die keu­se van Ra­map­ho­sa as die vol­gen­de ANC-pre­si­dent steun.

Ra­map­ho­sa het weer ge­sê hy glo nie die na­si­o­na­le mi­ni­mum loon van R3 500 wat vol­gen­de jaar in wer­king tree, gaan tot groot werk­ver­lie­se lei soos som­mi­ge e­ko­no­me vrees nie.

“Ons gee om dié re­de werk­ge­wers die kans om te re­gis­treer as hul­le nie die mi­ni­mum loon kan be­taal nie,” het Ra­map­ho­sa ná sy toe­spraak ge­sê.

Hy het bui­te die plaas Um­bha­ba, een van die groot­ste pie­sang­pro­du­sen­te in die land, ge­praat en ge­sê die reg­te van die wer­kers daar moet ge­re­spek­teer word.

Die wer­kers mag glo nie by vak­bon­de aan­sluit nie.

“Ek sal die ei­e­naar dwing om ’n vak­bon­der­ken­nings­oor­een­koms te on­der­te­ken,” het hy ge­sê.

■ To­ny Ehren­reich, Wes-Kaap­se se­kre­ta­ris van Co­sa­tu, het by die ge­leent­heid in Kaap­stad ge­sê He­len Zil­le, Wes-Kaap­se pre­mier, moet uit haar pos ver­wy­der word oor haar twiets oor ko­lo­ni­a­lis­me.

“Sy is ’n ras­sis wat hun­ker na die dae van ko­lo­ni­a­lis­me. Ons kan nie met so ’n per­soon in van­dag se de­mo­kra­tie­se be­stel leef nie. Dit is net nie reg nie.”

Hy het aan­ge­voer die pro­vin­si­a­le re­ge­ring wil “min­der­waar­di­ge on­der­wys” in sko­le op die Kaap­se Vlak­te en in arm ge­bie­de aan­bied.

“Ons gaan jou kry hier­voor,” het Ehren­reich ge­waar­sku.

Adj,pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa praat in Hec­tor­spruit. Fo­to: A­LET JOU­BERT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.