Wan­trou­e­mo­sie: ‘Dit sal kaf van ko­ring skei’

Beeld - - Voorblad - P­hil­da Es­sop

Die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma sal on­der­skeid tref tus­sen die “vu­vu­ze­las” en die o­preg­te ANC-le­de.

Die “vu­vu­ze­las” in die ANC maak voor­brand vir ’n kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping en dat Zu­ma ver­wy­der word, het M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, gis­ter in sy Wer­kers­dag-toe­spraak in Kaap­stad ge­sê.

“Ek wag op hul­le om te kom stem in die par­le­ment wan­neer ons die mo­sie van wan­troue in die pre­si­dent ter ta­fel lê. As jy op­reg is, sal jy stem dat Zu­ma moet gaan.”

Mai­ma­ne sê die DA is y­we­rig dat die kom­mis­sie van on­der­soek wat adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, aan­be­veel het moet plaas­vind so­dat “die­ge­ne wat kor­rup is in die tronk kan ver­rot eer­der as om hoë amp­te te be­klee”.

Die paar hon­derd DA-on­der­steu­ners ge­klee in blou T-hem­de het Mai­ma­ne soos ’n held by die Blue Do­wns-sta­di­on ont­vang. Hy het gees­drif­tig ten guns­te van die reg­te van wer­kers, die be­stry­ding van kor­rup­sie, ’n mo­der­ne e­ko­no­mie en die uit­wis­sing van ras­sis­me ge­praat.

“Die DA sal nooit rus voor­dat werk­loos­heid uit­ge­roei is nie. Ons vry­heid kan nooit af­ge­han­del wees ter­wyl so­veel van ons men­se nie werk het nie – 9 mil­joen, om pre­sies te wees. Dis die kor­rup­sie wat deur Ja­cob Zu­ma en die ANC be­vor­der word wat ons werk steel.

“Dit ge­beur wan­neer die Gup­tas ’n seun ge­naamd Ja­cob Zu­ma erf en hul­le aan hom sê wat om te doen. Hul­le het die pre­si­den­sie ge­steel en die pre­si­den­sie het die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag ge­steel, die te­sou­rie – al­les ge­steel, wat die ANC in die par­le­ment in­sluit.

“In 2019 sal ’n ko­a­li­sie­re­ge­ring, ge­lei deur die DA, Suid-A­fri­ka neem op die pad van voor­spoed en een­heid waar­in meer werk­ge­leent­he­de ge­skep word, waar jong men­se op­ge­voed is en die staat be­voeg is. Dit is die Suid-A­fri­ka wat ons wil hê.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.