Blair be­gaan oor B­rex­it, be­tree die po­li­tiek weer

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Tien jaar na­dat hy as Ar­bei­der­pre­mier uit­ge­tree het, sê To­ny Blair hy is ge­reed om weer by die B­rit­se po­li­tiek be­trok­ke te raak.

Hy het in ’n on­der­houd met die B­rit­se dag­blad Dai­ly Mir­ror ge­sê B­rit­tan­je se be­sluit om hom aan die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) te ont­trek, het hom laat be­sluit om weer sy han­de “in die B­rit­se po­li­tiek vuil te maak”.

Hy be­sef ’n spreek­woor­de­li­ke em­mer vul­lis kan oor sy kop uit­ge­gooi word, maar hy is so be­kom­merd oor B­rex­it dat hy be­reid is om weer be­trok­ke te raak.

Maar hy wil nie weer par­le­ments­lid word nie, al lê die Ar­bei­ders­par­ty, wat on­der die lei­er­skap van Je­re­my Cor­byn af­stuur op ’n groot ne­der­laag in vol­gen­de maand se blits­ver­kie­sing, hom nog na aan die hart.

Hy wil eer­der ’n po­li­tie­ke be­we­ging be­gin wat sal help om die po­li­tie­ke de­bat in B­rit­tan­je te vorm ter­wyl die land be­gin met sy on­der­han­de­lin­ge met die EU oor B­rex­it.

Blair, wat Sa­ter­dag 64 word, meen ook dit is tyd dat hy hom uit­laat oor ver­skeie kwes­sies wat ’n in­vloed op die le­we van ge­wo­ne B­rit­te het.

Blair het die Ar­bei­ders­par­ty op 1 Mei 1997 tot ’n weg­hol­oor­win­ning oor die Kon­ser­wa­tie­we Par­ty (To­ries)

van John Ma­jor ge­lei en ’n week voor sy 44ste ver­jaar­dag die jong­ste B­rit­se pre­mier in die ge­skie­de­nis ge­word.

Die Ar­bei­ders­par­ty het in daar­die ver­kie­sing 43,2% van die stem­me op hom ver­e­nig teen­oor die To­ries se 30,7% en die Li­be­raal-De­mo­kra­te se 16,8%.

Blair het la­ter by baie B­rit­te – en ook wê­reld­wyd – on­ge­wild ge­raak oor sy be­sluit in 2003 om Irak saam met die A­me­ri­ka­ners bin­ne te val om van pres. Sad­dam Hoe­sein ont­slae te raak.

Die B­rit­se pu­bliek is aan­vank­lik wys­ge­maak dat Sad­dam wa­pens vir mas­sa­ver­nie­ti­ging het, maar geen be­wys daar­voor kon ná sy val ge­vind word nie. Dit het Blair se beeld groot ska­de be­rok­ken.

Blair, wat as B­rit­se pre­mier ’n lei­den­de fi­guur in Eu­ro­pa was, het aan die Mir­ror ge­sê die B­rex­it­droom kan mak­lik in ’n nag­mer­rie ont­aard.

Hy het in sok­ker­ter­me aan die B­rit­se kie­sers ver­dui­de­lik wat hy dink die ge­vol­ge van B­rex­it sal wees: “Die en­ke­le EU-mark laat ons op han­dels­ge­bied in die kam­pi­oe­ne­li­ga speel. ’n Oo­reen­koms oor vrye han­del (waar­op die B­rit­se re­ge­ring van T­he­re­sa May, pre­mier, hoop) is soos die eer­ste li­ga. Ons is be­sig om ons­self te­rug te skuif.”

Blair was die af­ge­lo­pe tien jaar ten nou­ste by vre­des­pro­ses­se in die Mid­de-Oos­te en lief­da­dig­heids­werk be­trok­ke.

Die voor­ma­li­ge B­rit­se pre­mier To­ny Blair. Fo­to: REUTERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.