‘Ek het dit nié ge­sê’ – Ha­ne­kom

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Hy het nooit ge­sê hy is on­se­ker of hy in 2019 vir die ANC sal stem nie, het De­rek Ha­ne­kom, oud­mi­nis­ter van toe­ris­me, gis­ter by na­vraag ge­sê.

Die ANC­jeug­li­ga het gis­ter­og­gend in ’n ver­kla­ring ge­sê Ha­ne­kom be­hoort in die o­pen­baar ver­sko­ning te vra vir sy uit­la­tings, of hy moet on­mid­del­lik as lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee en na­si­o­na­le tug­ko­mi­tee be­dank.

Vol­gens die jeug­li­ga het Ha­ne­kom ver­le­de week ge­sê hy is “nie se­ker of hy in 2019 vir die ANC gaan stem nie”.

Mond­li Mk­hi­ze, woord­voer­der van die ANC­jeug­li­ga, het in ’n ver­kla­ring ge­sê

Ha­ne­kom sê hier­mee sy stem is on­der­he­wig aan wie uit­ein­de­lik as die vol­gen­de ANC­pre­si­dent ver­kies word.

Die jeug­li­ga ver­oor­deel dié stand­punt ten sterk­ste.

“As die ANC­jeug­li­ga is ons be­kom­merd daar­oor dat ka­me­raad De­rek se uit­la­tings die ver­keer­de i­dees in die or­ga­ni­sa­sie en die be­we­ging kan laat pos­vat.

“Ons kan nie stil­sit wan­neer lei­ers sul­ke uit­la­tings maak nie.”

Ha­ne­kom het by na­vraag ge­sê die jeug­li­ga se ver­kla­ring is nie kom­men­taar werd nie. Hul­le moet dit in die reg­te fo­rum op­per.

Die op­mer­king wat die jeug­li­ga be­weer hy ge­maak het, is vol­gens hom “fei­te­lik on­ak­ku­raat”.

“Die be­rig waar­na hul­le ver­wys, was oor ’n toe­spraak wat ek op Vry­heids­dag ge­le­wer het. Ek het daar ge­sê ge­ge­we die uit­da­gings waar­voor die land tans te staan kom, as daar op daar­die dag ’n ver­kie­sing sou wees, sal die ANC dalk nie 60% of selfs 50% van die stem­me kry nie. Ek het geen ver­wy­sing na 2019 ge­maak nie.”

Ha­ne­kom is een van vyf mi­nis­ters wat in pres. Ja­cob Zu­ma se ka­bi­net­s­kom­me­ling op 31 Maart hul pos­te ver­loor het.

De­rek Ha­ne­kom

Fo­to: HERMAN VERWEY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.